Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 9 bl. 15
  • Wie is God se vriende?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie is God se vriende?
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • Miljoene geesskepsele
    Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
  • Die engele—“Geeste vir openbare diens”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Word mense engele wanneer hulle sterf?
    Ontwaak!—2006
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 9 bl. 15

LES 9

Wie is God se vriende?

Jesus Christus as Koning van God se Koninkryk, en engele wat die predikingswerk rig

Jesus Christus is Jehovah se Seun en sy beste, intiemste vriend. Voordat Jesus as ’n mens op die aarde gelewe het, was hy ’n magtige geesskepsel in die hemel (Johannes 17:5). Toe het hy na die aarde gekom om mense die waarheid oor God te leer (Johannes 18:37). Hy het ook sy menselewe gegee om gehoorsame mense van sonde en die dood te verlos (Romeine 6:23). Jesus is nou die Koning van God se Koninkryk, ’n hemelse regering wat van hierdie aarde ’n paradys gaan maak.—Openbaring 19:16.

Die engele is ook God se vriende. Die engele het nie hulle lewe as mense op die aarde begin nie. Hulle is in die hemel geskep voordat God die aarde gemaak het (Job 38:4-7). Daar is miljoene engele (Daniël 7:10). Hierdie hemelse vriende van God wil graag hê dat mense die waarheid oor Jehovah moet leer.—Openbaring 14:6, 7.

Jehovah se Getuies preek vir ’n vrou

God het ook vriende op die aarde; hy noem hulle sy getuies. ’n Getuie in die hof sê wat hy van iemand of iets weet. Jehovah se Getuies vertel ander mense wat hulle van Jehovah en sy voorneme weet (Jesaja 43:10). Soos die engele, wil die Getuies jou help om die waarheid oor Jehovah te leer. Hulle wil hê dat jy ook God se vriend moet wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel