Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 8 bl. 14
  • Wie is God se vyande?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie is God se vyande?
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees waaksaam​—⁠Satan wil jou verslind!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Ken jou vyand
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Satan
    Ontwaak!—2013
  • Wie is die Duiwel?
    Wat vereis God van ons?
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 8 bl. 14

LES 8

Wie is God se vyande?

God se vernaamste vyand is Satan die Duiwel. Hy is ’n geesskepsel wat teen Jehovah in opstand gekom het. Satan hou aan om teen God te veg en maak die lewe vir mense baie moeilik. Satan is vol boosheid. Hy is ’n leuenaar en ’n moordenaar.—Johannes 8:44.

Demone

Ander geesskepsele het by Satan aangesluit in sy opstand teen God. Die Bybel noem hulle demone. Soos Satan is die demone vyande van mense. Hulle hou daarvan om mense kwaad aan te doen (Matteus 9:32, 33; 12:22). Jehovah sal Satan en sy demone vir ewig vernietig. Hulle het nog net ’n kort tydjie oor om die lewe vir mense moeilik te maak.—Openbaring 12:12.

As jy God se vriend wil wees, moet jy nie doen wat Satan wil hê jy moet doen nie. Satan en die demone haat Jehovah. Hulle is vyande van God, en hulle wil jou ook ’n vyand van God maak. Jy moet kies wie jy wil behaag—Satan of Jehovah. As jy die ewige lewe wil geniet, moet jy kies om God se wil te doen. Satan het baie slinkse streke en maniere om mense te mislei. Die meeste mense word deur hom bedrieg.—Openbaring 12:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel