Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
Die buitebladfoto is in 1995 deur ’n ruimteteleskoop geneem. Die gasagtige stofwolke is in die Arendnewel. Wetenskaplikes glo dat sterre besig is om in hierdie wolke te vorm, wat “Pilare van die skepping” genoem word.
Ons is in goeie geselskap wanneer ons vra: Hoe het die heelal, ons planeet en ons lewe daarop ontstaan? En hoe hou dit verband met ’n bevredigende en sinvolle lewe?
Baie mense glo aan die skepping, dat daar ’n Skepper is wat vir ons omgee. Toon navorsing dat dit in ons wetenskaplike eeu redelik is?
Hoe hou onlangse ontdekkings ten opsigte van ons brein en ons spraakvermoë met hierdie uiters belangrike geskil verband?
Waarom ondersoek talle geleerde mense die Bybel, en behoort wat dit oor ’n Skepper sê vir ons en ons geliefdes van belang te wees?
Hierdie boek bespreek dié kwessies. Jy sal vind dat die duidelike antwoorde hierin jou kan help om jou lewe sinvoller te maak en om die grondslag vir ’n gelukkiger toekoms te lê.