Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 100
  • Jesus in die tuin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus in die tuin
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus word verraai en in hegtenis geneem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Christus word verraai en in hegtenis geneem
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus word verraai en in hegtenis geneem
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus word gevange geneem
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 100
Judas verraai Jesus met ’n soen in die tuin van Getsemane

VERHAAL 100

Jesus in die tuin

NADAT Jesus en sy apostels uit die bokamer weggegaan het, gaan hulle na die tuin van Getseʹmane toe. Hulle het al baie keer hiernatoe gekom. Jesus sê nou vir hulle om wakker te bly en te bid. Dan gaan hy ’n entjie verder en buig met sy gesig tot op die grond om te bid.

Later kom Jesus terug na waar sy apostels is. Wat dink jy doen hulle? Hulle slaap! Drie keer sê Jesus vir hulle dat hulle moet wakker bly, maar elke keer wanneer hy terugkom, is hulle aan die slaap. ‘Hoe kan julle op so ’n tyd slaap?’ sê Jesus wanneer hy die laaste keer terugkom. ‘Die uur het gekom dat ek aan my vyande oorgegee moet word.’

Op daardie oomblik kan die geraas van ’n groot skare gehoor word. Kyk! Die mense kom met swaarde en knuppels! En hulle dra fakkels om lig te gee. Wanneer hulle nader kom, loop iemand uit die skare uit tot by Jesus. Hy soen hom, soos jy hier kan sien. Die man is Judas Iskaʹriot! Hoekom soen hy vir Jesus?

Jesus vra: ‘Judas, verraai jy my met ’n soen?’ Ja, die soen is ’n teken. Dit sê vir die mense saam met Judas dat dit Jesus is, die man na wie hulle soek. Dan staan Jesus se vyande nader om hom te gryp. Maar Petrus gaan nie toelaat dat hulle Jesus sommer so wegvat nie. Hy gryp die swaard wat hy saamgebring het en slaan na die man naby hom. Die swaard mis die man se kop net-net en kap sy regteroor af. Maar Jesus raak aan die man se oor en maak dit gesond.

Jesus sê vir Petrus: ‘Sit jou swaard terug. Dink jy nie dat ek my Vader kan vra om duisende engele te stuur om my te red nie?’ Ja, hy kan! Maar Jesus vra God nie om enige engele te stuur nie, want hy weet dat die tyd gekom het vir sy vyande om hom te vang. Daarom laat hy hulle toe om hom weg te neem. Kom ons kyk wat nou met Jesus gebeur.

Matteus 26:36-56; Lukas 22:39-53; Johannes 18:1-12.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel