Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 99
  • In ’n bokamer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • In ’n bokamer
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Here se Aandmaal
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • ’n Herdenking wat jou raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Jesus se laaste ete
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Dink aan Jehovah en sy Seun
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 99
Jesus se laaste aandmaal saam met sy getroue apostels

VERHAAL 99

In ’n bokamer

DIT is nou Donderdagnag, twee dae later. Jesus en sy 12 apostels het na hierdie groot bokamer toe gekom om die Pasgamaal te eet. Die man wat jy sien uitgaan, is Judas Iskaʹriot. Hy gaan vir die priesters vertel hoe hulle Jesus kan vang.

Net die vorige dag het Judas na hulle toe gegaan en gevra: ‘Wat sal julle my gee as ek julle help om Jesus te vang?’ Hulle het gesê: ‘Dertig silwerstukke.’ Judas gaan hierdie mans nou ontmoet sodat hy hulle na Jesus toe kan lei. Is dit nie verskriklik nie?

Die Pasgamaal is klaar. Maar Jesus begin nou met ’n ander spesiale maal. Hy gee vir sy apostels ’n brood en sê: ‘Eet dit, want dit beteken my liggaam wat vir julle gegee gaan word.’ Dan gee hy vir hulle ’n beker wyn en sê: ‘Drink dit, want dit beteken my bloed, wat vir julle uitgestort gaan word.’ Die Bybel noem dit ‘die Here se aandmaal’ of ‘die nagmaal van die Here’.

Die Israeliete het die Pasga geëet om hulle te laat dink aan die tyd toe God se engel hulle huise in Egipte oorgeslaan het, maar die eersgeborenes in die huise van die Egiptenaars doodgemaak het. Maar nou wil Jesus hê dat sy volgelinge aan hom moet dink, en hoe hy sy lewe vir hulle gegee het. En dit is hoekom hy vir hulle sê om hierdie spesiale maal elke jaar te eet.

Nadat hulle die Here se Aandmaal geëet het, sê Jesus vir sy apostels om dapper te wees en sterk geloof te behou. Dan sing hulle liedere aan God en gaan weg. Dit is nou baie laat, moontlik ná middernag. Kom ons kyk waarheen hulle gaan.

Matteus 26:14-30; Lukas 22:1-39; Johannes hoofstuk 13 tot 17; 1 Korintiërs 11:20.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel