Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 67
  • Josafat vertrou op Jehovah

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Josafat vertrou op Jehovah
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah beskerm Josafat
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • “Die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Sal jy ter harte neem wat geskrywe staan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Sien ander soos Jehovah hulle sien
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 67
Die sangers wat voor Josafat se leër loop

VERHAAL 67

Josafat vertrou op Jehovah

WEET jy wie hierdie mans is en wat hulle doen? Hulle gaan uit om te veg, en die mans heel voor is besig om te sing. Maar jy vra dalk: ‘Hoekom het die sangers nie swaarde en spiese om mee te veg nie?’ Kom ons kyk.

Joʹsafat is die koning van die tweestammeryk van Israel. Hy lewe gedurende dieselfde tyd as koning Agab en Iseʹbel van die noordelike tienstammeryk. Maar Joʹsafat is ’n goeie koning, en sy pa, Asa, was ook ’n goeie koning. Daarom geniet die volk van die suidelike tweestammeryk baie jare lank ’n goeie lewe.

Maar nou gebeur iets wat die volk bang maak. Boodskappers sê vir Joʹsafat: ‘’n Groot leër van die lande Moab, Ammon en die berg Seïr kom om u aan te val.’ Baie Israeliete kom by Jerusalem bymekaar om Jehovah se hulp te vra. Hulle gaan na die tempel toe, en daar bid Joʹsafat: ‘O Jehovah ons God, ons weet nie wat om te doen nie. Ons is hulpeloos teen hierdie groot leër. Ons vertrou op u om ons te help.’

Jehovah luister en laat een van sy knegte vir die volk sê: ‘Die geveg is nie julle s’n nie, maar God s’n. Julle sal nie hoef te veg nie. Kyk net, en sien hoe Jehovah julle sal red.’

Die volgende oggend sê Joʹsafat vir die volk: ‘Vertrou op Jehovah!’ Dan laat hy sangers voor sy soldate loop, en terwyl hulle optrek, sing hulle lofliedere aan Jehovah. Weet jy wat gebeur wanneer hulle naby die slagveld kom? Jehovah laat die vyande se soldate teen mekaar veg. En wanneer die Israeliete daar aankom, is al die soldate dood!

Dit was wys van Joʹsafat om op Jehovah te vertrou, nè? Ons sal ook wys wees as ons op Hom vertrou.

1 Konings 22:41-53; 2 Kronieke 20:1-30.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel