Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 66
  • Isebel—’n Slegte koningin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Isebel—’n Slegte koningin
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Goddelose koningin word gestraf
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Dit is nou die tyd vir daadwerklike optrede
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Hy het volhard ondanks ongeregtigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Het jy Jehovah se beskouing van geregtigheid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 66
Manne van die paleis gaan koningin Isebel by die venster uitgooi

VERHAAL 66

Isebel—’n Slegte koningin

NÁ KONING Jeroʹbeam se dood is al die konings van die noordelike tienstammeryk van Israel sleg. Koning Agab is die slegste koning van almal. Weet jy hoekom? Een groot rede is sy vrou, goddelose koningin Iseʹbel.

Iseʹbel is nie ’n Israeliet nie. Sy is die dogter van die koning van Sidon. Sy aanbid die valse god Baäl, en sy kry ook Agab en baie Israeliete om Baäl te aanbid. Iseʹbel haat Jehovah en maak baie van sy profete dood. Ander moet in grotte wegkruip sodat hulle nie doodgemaak word nie. As Iseʹbel iets wil hê, sal sy selfs iemand doodmaak om dit te kry.

Eendag voel koning Agab baie ongelukkig. Daarom vra Iseʹbel vir hom: ‘Hoekom voel jy vandag so ongelukkig?’

‘Dit is oor wat Nabot vir my gesê het’, antwoord Agab. ‘Ek wou sy wingerd koop. Maar hy het gesê ek kan nie.’

‘Moenie bekommerd wees nie’, sê Iseʹbel. ‘Ek sal dit vir jou kry.’

Iseʹbel skryf toe briewe aan belangrike mans in die stad waar hierdie man Nabot woon. ‘Kry ’n paar nikswerd mans om te sê dat Nabot God en die koning vervloek het’, sê sy vir hulle. ‘Neem Nabot dan uit die stad en stenig hom.’

Sodra Iseʹbel hoor dat Nabot dood is, sê sy vir Agab: ‘Gaan vat nou sy wingerd vir jou.’ Stem jy nie saam dat Iseʹbel gestraf moet word omdat sy so ’n verskriklike ding gedoen het nie?

Daarom stuur Jehovah later die man Jehu om haar te straf. Wanneer Iseʹbel hoor dat Jehu kom, verf sy haar oë en probeer sy haar mooi maak. Maar wanneer Jehu kom en Iseʹbel in die venster sien, roep hy na die mans in die paleis: ‘Gooi haar af!’ Die mans gehoorsaam hom, soos jy in die prent kan sien. Hulle gooi haar af, en sy gaan dood. Dit is die einde van slegte koningin Iseʹbel.

1 Konings 16:29-33; 18:1-4; 21:1-16; 2 Konings 9:30-37.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel