Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 58
  • Dawid en Goliat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dawid en Goliat
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • “Die stryd behoort aan Jehovah”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • “Die stryd behoort aan Jehovah”
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Dawid en Goliat
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Dawid was nie bang nie
    Leer jou kinders
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 58
Dawid gebruik sy slinger terwyl Israelitiese soldate toekyk

VERHAAL 58

Dawid en Goliat

DIE Filistyne kom weer om teen Israel te veg. Dawid se drie oudste broers is nou in Saul se leër. Op ’n dag sê Isai vir Dawid: ‘Vat graan en brode na jou broers toe. Vind uit hoe dit met hulle gaan.’

Wanneer Dawid by die leërkamp aankom, hardloop hy na die plek waar die soldate staan om na sy broers te soek. Die Filistynse reus Goʹliat kom uit om met die Israeliete te spot. Hy doen dit nou al 40 dae lank elke oggend en aand. Hy roep: ‘Kies een van julle manne om teen my te veg. As hy wen en my doodmaak, sal ons julle slawe wees. Maar as ek wen en hom doodmaak, sal julle ons slawe wees. Ek daag julle uit om iemand te kies om teen my te veg.’

Goliat en die Filistynse soldate

Dawid vra vir ’n paar van die soldate: ‘Wat sal die man kry wat hierdie Filistyn doodmaak en hierdie skande van Israel wegneem?’

‘Saul sal die man baie ryk maak’, sê die soldate. ‘En hy sal vir hom sy dogter gee om mee te trou.’

Maar al die Israeliete is bang vir Goʹliat omdat hy so groot is. Hy is omtrent 3 meter lank, en hy laat ’n ander soldaat sy skild vir hom dra.

Party soldate gaan sê vir koning Saul dat Dawid teen Goʹliat wil veg. Maar Saul sê vir Dawid: ‘Jy kan nie teen hierdie Filistyn veg nie. Jy is net ’n seun, en hy is al sy hele lewe lank ’n soldaat.’ Dawid antwoord: ‘Ek het ’n beer en ’n leeu doodgemaak wat my pa se skape weggedra het. En hierdie Filistyn sal soos een van hulle word. Jehovah sal my help.’ Toe sê Saul: ‘Gaan, en mag Jehovah met jou wees.’

Dawid gaan na ’n stroompie toe en tel vyf gladde klippe op en sit hulle in sy sak. Dan vat hy sy slinger en loop na die reus toe. Wanneer Goʹliat hom sien, kan hy dit nie glo nie. Hy dink dat dit baie maklik sal wees om Dawid dood te maak.

‘Kom na my toe’, sê Goʹliat, ‘dat ek jou liggaam vir die voëls en die diere kan gee om te eet.’ Maar Dawid sê: ‘Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n werpspies, maar ek kom na jou toe met die naam van Jehovah. Vandag sal Jehovah jou in my hand gee, en ek sal jou doodmaak.’

Toe hardloop Dawid na Goʹliat toe. Hy haal ’n klip uit sy sak, sit dit in sy slinger en gooi dit so hard soos hy kan. Die klip tref Goʹliat in sy voorkop, en hy slaan dood neer! Wanneer die Filistyne sien dat hulle baasvegter dood is, draai hulle almal om en hardloop weg. Die Israeliete sit hulle agterna en wen die geveg.

1 Samuel 17:1-54.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel