Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 57
  • God kies vir Dawid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God kies vir Dawid
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • “Jehovah sien wat die hart is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • ’n Man na Jehovah se hart
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Dawid en Goliat
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Samuel bevorder ware aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 57
Dawid het ’n beer doodgemaak om ’n lammetjie te beskerm

VERHAAL 57

God kies vir Dawid

KAN jy sien wat gebeur het? Die seun het hierdie lammetjie van die beer gered. Die beer het die lammetjie weggedra om dit te eet. Maar die seun het agter hulle aan gehardloop en die lammetjie uit die beer se bek gered. En toe die beer op sy agterpote gaan staan, het die seun die beer gegryp en hom doodgeslaan! Op ’n ander keer het hy een van die skape van ’n leeu gered. Hy is ’n dapper seun, nè? Weet jy wie hy is?

Dit is jong Dawid. Hy woon in die dorp Betlehem. Sy oupa was Obed, die seun van Rut en Boas. Onthou jy hulle? En Dawid se pa is Isai. Dawid pas sy pa se skape op. Dawid is gebore 10 jaar nadat Jehovah Saul gekies het om koning te wees.

Op ’n dag sê Jehovah vir Samuel: ‘Vat van die spesiale olie en gaan na die huis van Isai in Betlehem. Ek het een van sy seuns gekies om koning te wees.’ Wanneer Samuel Isai se oudste seun Eliʹab sien, sê hy vir homself: ‘Dit is sekerlik die een wat Jehovah gekies het.’ Maar Jehovah sê vir hom: ‘Moenie kyk hoe lank en aantreklik hy is nie. Ek het hom nie gekies om koning te wees nie.’

Isai roep toe sy seun Abinaʹdab en bring hom na Samuel toe. Maar Samuel sê: ‘Nee, Jehovah het hom ook nie gekies nie.’ Dan bring Isai sy seun Samma. ‘Nee, Jehovah het hom ook nie gekies nie’, sê Samuel. Isai bring sewe van sy seuns na Samuel toe, maar Jehovah kies nie enigeen van hulle nie. ‘Is dit al die seuns?’ vra Samuel.

‘Daar is nog die jongste’, sê Isai. ‘Maar hy pas die skape op.’ Toe Dawid ingebring word, kan Samuel sien dat hy ’n mooi seun is. ‘Dit is hy’, sê Jehovah. ‘Gooi die olie op hom.’ En dit is wat Samuel doen. Eendag sal Dawid koning van Israel word.

1 Samuel 17:34, 35; 16:1-13.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel