Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g20 nr. 3 bl. 8-9
  • Sien ander se goeie punte raak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sien ander se goeie punte raak
  • Ontwaak! – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die probleem
  • Bybelwaarheid
  • Wat jy kan doen
  • Die einde van vooroordeel
    Ontwaak!—2004
  • Diskriminasie – Is jy aangesteek?
    Ontwaak! – 2020
  • ’n Wêreld sonder vooroordeel—Wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Vooroordeel en diskriminasie—Wat is die grondoorsake?
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Ontwaak! – 2020
g20 nr. 3 bl. 8-9
Collage: 1. ’n Paartjie is haastig en geïrriteerd omdat ’n blinde vrou voor hulle op die straat inloop. 2. Later bewonder dieselfde paartjie die blinde vrou wat ’n tjello by ’n konsert speel.

Sien ander se goeie punte raak

Die probleem

Egotisme kan diskriminasie veroorsaak. ’n Egotistiese persoon dink te veel van homself. Hy beskou homself as beter as ander en oordeel mense wat anders as hy is en kyk neer op hulle. Enigiemand kan in hierdie strik trap. Die Encyclopædia Britannica sê: “Die meeste [kultuur-] groepe voel dat hulle manier van lewe beter is as ander groepe. Dit sluit hulle kos, kleredrag, gewoontes, oortuigings, waardes, ensovoorts in.” Hoe kan ons hierdie verkeerde manier van dink vermy?

Bybelwaarheid

“Wees nederig en beskou ander as hoër as julleself.” – FILIPPENSE 2:3.

Wat beteken dit? As ons dit wil vermy om te veel van onsself te dink, moet ons leer om nederig te wees. Nederigheid help ons om te besef dat ander beter as ons is in party aspekte van die lewe. Daar is nie een groep mense wat net goeie eienskappe en vermoëns het nie.

Kyk na die voorbeeld van Stefan. Hy het grootgeword in ’n Kommunistiese land, maar hy het gevoelens van diskriminasie oorkom teen mense wat nie in Kommunistiese lande woon nie. Hy sê: “Ek glo dat as jy ander hoër as jouself beskou, help dit jou om nie teen hulle te diskrimineer nie. Ek weet nie alles nie. Ek kan iets by almal leer.”

Wat jy kan doen

Probeer om ’n realistiese beskouing van jouself te hê en besef dat jy foute maak. Erken dat ander party dinge beter as jy kan doen. Moenie net aanneem dat almal van ’n sekere groep dieselfde swakhede het nie.

In plaas daarvan om ’n negatiewe opinie te hê van ’n persoon wat van ’n spesifieke groep is, vra jou af:

Erken dat ander party dinge beter as jy kan doen

  • ‘As die persoon eienskappe het waarvan ek nie hou nie, is daardie eienskappe sleg of is dit net anders?’

  • ‘Kan hierdie persoon foute in my vind?’

  • ‘Op watter gebiede is hierdie persoon beter as ek?’

As jy hierdie vrae eerlik antwoord, sal dit jou nie net help om enige diskriminasie te oorkom nie. Dit sal jou dalk ook help om dinge te vind waarvan jy in die persoon hou.

Werklike voorbeeld: Nelson (Verenigde state)

“Vir die grootste deel van my kinderjare het ek grootgeword in ’n gebied waar die mense meestal van een ras en agtergrond was. Toe ek 19 jaar oud was, het ek na ’n groot stad getrek en in ’n fabriek gewerk. Daar het ek tussen mense van verskillende rasse, agtergronde en kulture gewoon en gewerk.

“Ek het my werksmaats leer ken en vriende gemaak. Toe het ek gesien dat mense se velkleur, moedertaal en nasionaliteit my absoluut niks vertel oor hoe hard hulle werk, hoe betroubaar hulle is en hoe hulle regtig voel nie.

“Ek het later met ’n vrou getrou wat van ’n ander land en ras as ek is. Ek het dit geniet om oor ander soorte kos en musiek te leer. Die lewe het my geleer dat ons almal goeie en slegte eienskappe het. Om eerlik te wees, ek het ’n beter persoon geword omdat ek die eienskappe van mense wat van ’n ander ras en kultuur as ek is, bewonder het en aangeleer het.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel