Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g20 nr. 3 bl. 4-5
  • Kry die feite

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kry die feite
  • Ontwaak! – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die probleem
  • Bybelwaarheid
  • Hoe dit help om die feite te ken
  • Wat jy kan doen
  • Diskriminasie – Is jy aangesteek?
    Ontwaak! – 2020
  • Is jy ’n slagoffer van vooroordeel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Vooroordeel—’n Wêreldwye probleem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • ’n Wêreld sonder vooroordeel—Wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ontwaak! – 2020
g20 nr. 3 bl. 4-5
Twee mans voer ’n onderhoud met ’n vrou vir ’n werk by ’n motorfabriek. Sy lyk senuweeagtig.

Kry die feite

Die probleem

Diskriminasie is gewoonlik op verkeerde inligting gebaseer. Kyk na die volgende voorbeelde:

  • Party werkgewers het verkeerdelik geglo dat vroue nie gekwalifiseerd is vir wetenskaplike of tegniese werke nie.

  • Plaaslike inwoners kan dalk buitelanders valslik daarvan beskuldig dat hulle hulle werk steel.

  • Baie mense kom tot die verkeerde gevolgtrekking dat almal wat gestremd is, ongelukkig of bitter is.

Mense wat hierdie stories glo, gebruik voorbeelde wat hulle diskriminasie ondersteun. En hulle dink dat enigiemand wat nie met hulle saamstem nie, nie veel weet nie.

Bybelwaarheid

“Dit is nie goed vir ’n mens om geen kennis te hê nie.” – SPREUKE 19:2.

Wat beteken dit? As ons nie die feite ken nie, maak ons slegte besluite. As ons stories eerder as feite glo, sal ons die verkeerde idee van mense hê.

Moedig die Bybel ons aan om te diskrimineer?

Party sê dat die Bybel diskriminasie aanmoedig. Maar wat sê die Bybel eintlik?

  • Alle mense het dieselfde oorsprong: God “het uit een mens elke nasie van die mensdom gemaak”. – Handelinge 17:26.

  • God is onpartydig: “God [is] nie partydig . . . nie. In elke nasie is die mens wat hom vrees en doen wat reg is, vir hom aanvaarbaar.” – Handelinge 10:34, 35.

  • God fokus op die innerlike persoon nie die uiterlike nie: “Mense sien net die uiterlike, maar Jehovah sien wat in die hart is.” – 1 Samuel 16:7.a

a Volgens die Bybel is God se naam Jehovah.

Hoe dit help om die feite te ken

As ons die feite oor mense weet, is ons minder geneig om algemene maar verkeerde idees oor hulle te glo. En wanneer ons besef dat ons nie die waarheid oor ’n sekere groep vertel is nie, sal ons heel moontlik verkeerde idees bevraagteken wat ons oor ander groepe mense het.

Werklike voorbeeld: Jovica (Balkanlande)

Jovica, wat vroeër in die tydskrif genoem is, het van kleins af negatiewe stories gehoor oor ’n minderheidsgroep by mense in sy land, op die nuus en televisie-programme. Hy sê: “Ek het al hoe meer teen daardie mense gediskrimineer en hulle selfs gehaat. En ek het gedink dat ek die reg het om so te voel.”

“Maar terwyl ek in die weermag was, het ek geen ander keuse gehad as om saam met mede-soldate van hierdie minderheidsgroep te woon en te werk nie. Met tyd het ek meer oor hulle geleer. Ek het selfs begin om hulle taal te leer en na hulle volksliedjies te luister. Ek het van hulle begin hou en my opinie van hulle verander. Maar diskriminasie kan weer opborrel. So ek vermy nuusberigte wat daardie minderheidsgroep in ’n negatiewe lig stel. Ek kyk ook nie flieks of populêre komedies wat hulle bespot nie. Ek weet dat gevoelens van diskriminasie haat en woede kan veroorsaak.”

Wat jy kan doen

  • Mense sê dalk dat ’n groep mense ’n slegte eienskap het, maar onthou dat nie almal in daardie groep hierdie eienskap sal hê nie.

  • Erken dat jy dalk nie alles oor ’n sekere groep mense weet nie.

  • Probeer om die feite by ’n betroubare bron te kry.

Hulle het haat oorwin

Collage: 1. Twee mans loop en praat met mekaar. 2. Een man glimlag.

Wat het ’n Arabier en ’n Jood gehelp om nie meer te diskrimineer nie?

Kyk na die video Wanneer sal lojale liefde oor haat seëvier? Soek na die video se titel op jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel