Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/15 bl. 14-15
  • Die Messias

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Messias
  • Ontwaak!—2015
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe sou mense die Messias herken?
  • Hoe sal die Messias sy werk voltooi?
  • Bewys Messiaanse profesieë dat Jesus die Messias was?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Profesieë oor die Messias
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die Messias! God se middel tot redding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hulle het vir die Messias gewag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 2/15 bl. 14-15
Jesus genees ’n siek man

DIE BYBEL SE BESKOUING

Die Messias

Die Bybel het voorspel dat die Messias in die wêreld sou inkom en mense van siekte, lyding en die dood sou verlos. Is Jesus Christus daardie persoon?

Hoe sou mense die Messias herken?

Volgens Bybelprofesieë sou die Messias, of Christus, twee keer kom.a Met elke koms sou hy ’n verskillende rol speel, en die twee komste sou deur ’n lang tydperk geskei word. In sy eerste rol as die Messias sou hy ’n mens wees. Bybelskrywers het talle aspekte van sy lewe en bediening voorspel sodat hy duidelik herken sou word. Trouens, “die . . . getuienis omtrent Jesus” is een van die vernaamste redes waarom Bybelprofesieë opgeteken is.—Openbaring 19:10.

As ’n mens het Jesus op klein skaal gedoen wat hy as ’n magtige geesskepsel op wêreldskaal sal doen

WAT DIE BYBEL SÊ

Die Messias sou . . .

  • ’n Afstammeling van koning Dawid wees.—Jesaja 9:7; Lukas 3:23-31.b

  • In die dorp Betlehem gebore word. —Miga 5:2; Lukas 2:4-7.

  • ’n Nederige verkondiger van “goeie nuus” wees.—Jesaja 61:1; Lukas 4:43.

  • Verag word en van geen belang geag word nie.—Jesaja 53:3; Matteus 26:67, 68.

  • Vir 30 silwerstukke verraai word. —Sagaria 11:12, 13; Matteus 26:14, 15.

  • Sy aanklaers nie antwoord terwyl hulle hom onregverdig tot die dood veroordeel nie.—Jesaja 53:6, 7; Matteus 27:12-14.

  • ’n ‘Offerlam’ wees wat sonde sou wegneem en mense in staat sou stel om ’n rein posisie voor God te hê.—Jesaja 53:7; Johannes 1:29, 34, 36.

  • Doodgemaak word sonder dat enige van sy bene gebreek word.—Psalm 34:20; Johannes 19:33, 36.

  • Saam met die rykes begrawe word.—Jesaja 53:9; Matteus 27:57-60.

  • Op die derde dag opgewek word.—Matteus 16:21; 28:5-7.

Jesus het al hierdie profesieë en baie ander vervul. Hy het ook die siekes genees en die dooies opgewek. Deur dit te doen, het hy nie net verdere bewyse voorsien dat hy die Messias is nie; hy het ons ook ’n vaste grondslag gegee om geloof te stel in die Bybel se beloftes dat hy hierdie dinge in die toekoms op wêreldskaal sal doen (Lukas 7:21-23; Openbaring 21:3, 4). Ná sy opstanding het Jesus aan God se “regterhand” gaan sit en gewag dat die tyd moet aanbreek om sy Messiaanse werk te voltooi.—Psalm 110:1-6.

“Wanneer die Christus kom, sal hy tog nie meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het nie, of hoe?”—Johannes 7:31.

Hoe sal die Messias sy werk voltooi?

Die Jode van Jesus se dag het verwag dat die Messias hulle van Romeinse heerskappy sou bevry en oor ’n herstelde koninkryk van Israel sou heers (Handelinge 1:6). Jesus se Joodse volgelinge het eers later besef dat hy sy rol uit die hemel sou vervul as ’n magtige geesskepsel aan wie daar baie gesag gegee is.—Matteus 28:18.

WAT DIE BYBEL SÊ

In sy tweede rol sal die Messias . . .

  • Heers as Koning van God se Koninkryk, ’n wêreldregering.—Daniël 7:13, 14; Openbaring 11:15.

  • ’n Seën wees vir alle mense wat geloof in hom beoefen.—Genesis 22:17, 18; Psalm 72:7, 8.

  • “Baie nasies [en hulle heersers] laat skrik” wanneer hy hulle verbrysel omdat hulle hom teëgestaan het.—Jesaja 52:15; Openbaring 19:19, 20.

  • ’n Internasionale “groot menigte” van regverdige mense tot in ’n vreedsame nuwe wêreld behoue laat bly.—Openbaring 7:9, 10, 13-17.

  • Tesame met Jehovah God, die dooies tot lewe op ’n paradysaarde opwek.—Lukas 23:43; Johannes 5:21, 28, 29.

  • Sy onderdane leer hoe om ware vrede te beoefen.—Jesaja 11:1, 2, 9, 10.

  • Sonde, die onderliggende oorsaak van siekte en die dood, uit die weg ruim.—Johannes 1:29; Romeine 5:12.

  • Uiteindelik al Satan se werke verbreek en die mensdom onder Jehovah God se heerskappy verenig.—1 Korintiërs 15:25-28; 1 Johannes 3:8.

Jesus het sy eerste rol as die Messias vervul. Hy sal sy tweede rol ook vervul. Diegene wat wys is, bestudeer sy voorbeeld noukeurig, want Jesus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.”—Johannes 14:6. 

“In sy dae sal die regverdige bloei, en die oorvloed van vrede totdat die maan nie meer is nie. En hy sal onderdane hê . . . tot aan die eindes van die aarde.”—Psalm 72:7, 8.

a Die woord “Messias” is afkomstig van Hebreeus. “Christus” is die ekwivalent wat van Grieks afgelei is.—Johannes 1:41.

b Die eerste teks verwys na die profesie; die tweede na die vervulling.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel