Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/14 bl. 7
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2014
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Duitsland
  • Brittanje
  • Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande
  • ’n Besonderse see—maar dood!
    Ontwaak!—2008
  • Wat beteken Kersfees vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Het die gee van Kersgeskenke sin?
    Ontwaak!—1992
  • Moet jy Kersfees vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Ontwaak!—2014
g 12/14 bl. 7

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Israel, Jordanië en Palestina

Die Dooie See

Die Dooie See krimp met nagenoeg ’n meter per jaar. Party vrees dat hierdie meer teen die jaar 2050 heeltemal kan opdroog. Beamptes soek ’n oplossing. Een opsie wat ondersoek word, is om water uit die Rooisee te ontsout vir drinkwater en dan die byproduk, soutwater, in die Dooie See in te pomp. Kritici vrees dat die plan die unieke ekosisteem van die Dooie See sal beskadig.

Duitsland

’n Ambulans

Op Kersdag word omtrent ’n derde meer hartaanvalpasiënte in hospitale opgeneem as op enige ander dag in die jaar, is daar bevind in ’n opname deur ’n versekeringsmaatskappy. Die maatskappy doen aan die hand dat ’n toename in stres weens ’n soektog na Kersgeskenke en onredelik hoë verwagtinge van familie en vriende een van die hoofoorsake is.

Brittanje

’n Spotprent van ’n baie ou Yslandse weekdier

Britse wetenskaplikes het aangekondig dat ’n Yslandse weekdier wat hulle gedink het 405 jaar oud was, in werklikheid 507 jaar oud was toe dit in 2006 ’n ontydige dood gesterf het. Dit was dus die langslewende diera op rekord. Die gapermossel het doodgegaan toe navorsers dit gevries het om dit na hulle laboratorium te vervoer.

Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande

By ’n leiersbyeenkoms wat vroeër vanjaar in Havana, Kuba, gehou is, het die 33 lidstate van die Gemeenskap van Latyns-Amerikaanse en Karibiese State verklaar dat hulle lande ’n ‘vredesone’ is. Hulle het dit gedoen deur ooreen te kom om konflikte tussen hulle sonder geweld op te los. Onder die aanwesiges was die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moon.

a Hier sluit die term “langslewende dier” nie organismes in wat in kolonies voorkom nie, soos koraal, wat klaarblyklik duisende jare lank lewe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel