Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 11/13 bl. 3
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2013
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Duitsland
  • Wêreld
  • Japan
  • Bolivia
  • Italië
  • Die kerk—veranderinge en verwarring
    Ontwaak!—1993
  • Kan beelde jou nader aan God bring?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2014
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2014
Sien nog
Ontwaak!—2013
g 11/13 bl. 3

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Duitsland

In 2012 het een van die hoogste howe in Duitsland beslis dat iemand wat amptelik bedank uit ’n kerk wat as ’n openbare korporasie erken word, nie ’n lid van daardie godsdiensgemeenskap kan bly nie. Katolieke wat amptelik uit hulle kerk bedank het, en dus nie meer die kerkbelasting betaal nie, maar voortgaan om hulle godsdiens te beoefen, sal moontlik nie toegelaat word om die Nagmaal te gebruik, te bieg, ’n amp te beklee of selfs ’n kerkbegrafnis te hê nie.

Wêreld

’n Studie van die wêreld se godsdienste het aan die lig gebring dat mense wat sê dat hulle “nie aan ’n godsdiens behoort nie”, hoewel hulle nie noodwendig ateïste is nie, nou 1,1 miljard tel. Dit is die derde grootste groep naas die Christelike godsdiens met 2,2 miljard en Islam met 1,6 miljard. Hindoeïsme is die vierde grootste groep, met ongeveer 1 miljard.

Japan

Japannese wetenskaplikes het getoon dat “lof die beloningverwante gebiede van die brein stimuleer” en ’n “gevoel van geluk” meebring. Die bevinding staaf blykbaar die gedagte dat lof ’n doeltreffende manier is om mense aan te spoor om te verbeter.

Bolivia

Laat in 2012 is ’n nasionale sensus in Bolivia gehou. Daar is van Boliviane vereis om op die betrokke dag tuis te bly sodat die sensus akkuraat kon wees. Daarbenewens is geen privaat voertuie op die paaie toegelaat nie, is grense gesluit en is alkoholgebruik verbied.

Italië

In een opname het Italianers gesê dat hulle gemiddeld 15 minute per dag met hulle kinders speel. “Slegs 1 uit elke 5 ouers dink dat dit opvoedkundig is om te speel”, sê La Repubblica. As ouers met hulle kinders speel, help dit die kinders om hulle verbeelding te gebruik en ’n “begrip van reëls” te ontwikkel, sê Andrea Angiolino, ’n beroepsontwerper van bordspeletjies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel