Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/11 bl. 25-27
  • Wat maak ’n geselligheid werklik pret?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat maak ’n geselligheid werklik pret?
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SUKSESVERHALE
  • Waarom laat my ouers my nie toe om pret te hê nie?
    Ontwaak!—2011
  • Waarom laat my ouers my nie toe om pret te hê nie?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Hoe kan ek pret hê?
    Ontwaak!—1996
  • Hoe kan ek my ouers beter leer ken?
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 12/11 bl. 25-27

Jongmense vra

Wat maak ’n geselligheid werklik pret?

Maak ’n ✔ langs die aktiwiteit waarna jy die meeste by ’n geselligheid uitsien.

  • om te eet

  • om te dans

  • om speletjies te speel

  • om nuwe vriende te maak

  • om ou vriende te sien

  • iets anders ․․․․․

DIE meeste jongmense geniet dit baie om saam te kuier, en daar is niks daarmee verkeerd nie. Die Bybel praat selfs gunstig oor gesellighede.

Het jy geweet?

  • Job se seuns het familiegesellighede gehou.—Job 1:4.

  • Jesus het ’n groot huweliksfees bygewoon.—Johannes 2:1-11.

  • Christene in die eerste eeu het gesellighede in hulle huise gehou.—Handelinge 2:46, 47.

Dit is beslis pret om saam met jou vriende te kuier. Maar ongelukkig is party gesellighede glad nie verkwikkend nie.

WARE VERHAAL “Ek is genooi na ’n partytjie wat enigiemand kon bywoon, en die seun by wie se huis dit was, se ouers was nie daar nie. Ek het besluit om nie te gaan nie, en ek is bly! Die volgende dag het ek gehoor dat daar baie alkohol was en dat party mense dronk geword het. Drie seuns het hulle selfs bewusteloos gedrink. Daar was ook ’n bakleiery, en die polisie moes die partytjie kom stopsit.”—Janelle.

DIE LES Moenie maar net hoop dat alles goed sal verloop nie! Hetsy jy ’n geselligheid reël of na een genooi is, maak seker dat jy weet wat die antwoorde is op die vrae op die volgende bladsye. Dit sal heel moontlik verseker dat jy wonderlike herinneringe het—en oor niks spyt is nie—wanneer die partytjie verby is.

SUKSESVERHALE

“Toe my vriendin ’n partytjie gehou het, het haar ma te alle tye geweet waar almal is. Selfs toe ek kar toe is om ’n baadjie te gaan haal, het sy gevra waarheen ek gaan. Was sy oorversigtig? Dalk. Maar ek was nie kwaad nie, want ek het besef dat sy net nie wou hê dat iets verkeerd moet loop nie.”—Kim.

“Ek was al by lekker gesellighede, en ek dink die rede waarom dit so aangenaam was, is omdat mense van verskillende ouderdomme daar was. Boonop het die mense wat die geselligheid gehou het, aktiwiteite gereël wat pret was sodat niemand maar net aan homself oorgelaat is nie.”—Andrea.

Nog artikels uit die reeks “Jongmense vra” kan gevind word op die webwerf www.watchtower.org/ype

“Daar is mense wat goeie assosiasie is, en daar is dié wat dit geniet om te sien hoe naby hulle aan die wêreld kan kom. Die geheim van ’n aangename geselligheid is om selektief te wees wanneer jy mense uitnooi.”

“Ek was by gesellighede waar alles goed verloop het omdat daar reëls was om potensiële probleme te voorkom. Dit laat ’n mens ontspanne voel en maak die geselligheid soveel aangenamer.”

Wie sal daar wees, en hoe groot sal die geselligheid wees?

“Ek dink ’n mens moet mense nooi wat jy ken en nie sê dat enigiemand welkom is of dat dié wat kom, ’n vriend kan saambring nie.”—Renee.

“As daar nie beheer is oor hoeveel mense uitgenooi word nie, kan ’n geselligheid handuit ruk. Jy nooi 20 mense, maar dan nooi daardie 20 mense nog 10 ander, en daardie 10 nooi nog meer mense . . . Ek het dit al sien gebeur!”—Colette.

“Groot gesellighede kan maklik handuit ruk. Ek dink dis verstandiger om die groep redelik klein te hou.”—Alexis.

“Hy wat met wyses wandel, sal wys word, maar hy wat hom met die sotte inlaat, met hom sal dit sleg gaan.”—SPREUKE 13:20

Wat sal waarskynlik daar gebeur?

“As dit jou partytjie is en slegte dinge gebeur, skep dit ’n slegte indruk van jou.”—Bridget.

“As jy voorsorgmaatreëls tref, kan ’n geselligheid vir almal aangenaam wees. Dit is baie belangrik dat jy vooruitdink.”—Seth.

WARE VERHAAL “Een van my vriende het vir my gesê dat hy my nie na sy partytjies nooi nie omdat hy weet dat my ouers hom vrae gaan vra soos: Wie gaan daar wees? en Hoe laat sal dit ophou? Hy sê dat hy nie daarvan hou om so gemonitor te word nie. Dis ’n groot gevaarteken! As hy ongemaklik voel wanneer mense hom vrae vra, dink ek nie dat ek sy partytjies wil bywoon nie!”—Ellen.

“Daarom, hetsy julle eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot heerlikheid van God.”—1 KORINTIËRS 10:31

Wat sal jy doen as jy ongemaklik voel oor iets wat by ’n geselligheid gebeur?

“Ek maak seker dat ek kan wegkom. Wanneer ek na ’n geselligheid gaan, bel ek in elk geval altyd my ouers om vir hulle te sê hoe laat ek by die huis sal wees. Wanneer ek dit doen, vra hulle my of alles in die haak is. As ek nee sê, is dit vir hulle ’n teken om my te herinner aan al die takies wat ek nog moet doen. Ná die oproep sê ek dan vir my vriende dat ek moet gaan omdat my ouers wil hê dat ek vroeg by die huis moet wees.”—Therese.

WARE VERHAAL “By een geselligheid het twee ouens ingestap wat nie genooi was nie, en almal het geweet dat een van hulle dwelms gebruik. Dit was ’n baie moeilike besluit, maar ek het my pa gebel en hom gevra om my te kom haal.”—Mary.

“’n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit; onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.”—SPREUKE 22:3, NUWE AFRIKAANSE BYBELVERTALING

Watter toesig sal daar wees?

“As volwasse mense daar is om seker te maak dat alles goed verloop, sal die geselligheid heel moontlik ’n sukses wees.”—Mark.

“Voorheen was ek skaam om my ouers by ’n partytjie te hê. Maar nou besef ek dat hulle daar is om seker te maak dat dinge nie handuit ruk nie. Die feit dat jou ouers daar is, beteken nie dat jy nie pret kan hê nie.”—Laura.

“Behou ’n goeie gewete.”—1 PETRUS 3:16.

VRA JOU OUERS

Vind uit watter soort gesellighede jou ouers geniet het toe hulle jou ouderdom was. Wat sou hulle dalk anders wou gedoen het in verband met die gesellighede wat hulle gereël of bygewoon het?

BEPLAN JY ’N GESELLIGHEID?

Praat met jou ouers daaroor, en dink mooi na oor . . .

  1. Wie jy sal nooi

  2. Hoeveel persone jy sal nooi

  3. Waar jy die geselligheid sal hou

  4. Watter toesig daar sal wees

  5. Watter aktiwiteite jy beplan

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel