Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/11 bl. 22
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Afloerdery met webkameras
  • Tale wat nuut is vir die wetenskap
  • Radioaktiewe wildevarke
  • Radioaktiwiteit—Hoe word jy daardeur bedreig?
    Ontwaak!—1992
  • Radioaktiewe neerslag wek kommer
    Ontwaak!—2001
  • Kernafval—die dodelike vullis
    Ontwaak!—1990
  • Wat is die Internet?
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 7/11 bl. 22

Ons beskou die wêreld

Statistiek wat bekend gemaak is deur die Arabiese Padveiligheidsorganisasie, wat in Tunisië gesetel is, toon dat meer as 500 000 padongelukke elke jaar in die Arabiese wêreld plaasvind, wat meer as 36 000 sterftes tot gevolg het.—DIE REUTERS-NUUSDIENS, TUNISIË.

“Volgens ’n opname is die Internet die belangrikste inligtingsbron oor seks vir Chinese tieners, aangesien seksonderrig by die skool en tuis onvoldoende is.”—CHINA DAILY, CHINA.

Afloerdery met webkameras

Die Duitse polisie het onlangs ’n man in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hy die kamers van tientalle jong meisies deur middel van hulle webkameras binnegedring het. Die rekenaarinbreker het glo ’n swak gekose wagwoord van een Internetrekening ontsyfer, wat hom toegang laat verkry het tot die kontakbesonderhede van verskeie persone. Na bewering het hy hierdie rekening gebruik om kwaadwillige sagteware wat as ’n skermskut verbloem is, na party van sy slagoffer se vriendinne te stuur—wat hom in staat gestel het om die vriendinne se rekenaars op ’n afstand te beheer en hulle webkameras te enige tyd te gebruik. Toe speurders ’n klopjag op die rekenaarinbreker se woonstel uitgevoer het, het hy glo driemiljoen rekenaarbeelde gehad en “was hy gelyktydig in verbinding met die rekenaars van 80 meisies sonder dat hulle daarvan geweet het”, volgens die Aachener Zeitung.

Tale wat nuut is vir die wetenskap

Toe taalwetenskaplikes die redelik onbekende tale Aka en Miji ontleed het—wat gepraat word in Indië se noordoostelike staat Arunachal Pradesh, wat grens aan Bhoetan en China—het hulle ’n derde plaaslike taal ontdek, wat Koro genoem word. “Dit is ’n taal wat nêrens vermeld word nie, heeltemal onbekend is en waarvan daar niks opgeteken is nie”, het die navorser Gregory Anderson, die direkteur van die Lewende Tale-Instituut vir Bedreigde Tale, gesê. Koro is nie vroeër ontdek nie omdat dit deur slegs sowat 800 mense gepraat word in ’n gebied waarheen dit moeilik is om te reis. Gedurende 2009 is 24 tale geïdentifiseer in ’n deel van China waar net een voorheen aangeteken is.

Radioaktiewe wildevarke

“Die vergoeding wat die [Duitse] regering aan jagters betaal vir verlore inkomste as gevolg van radioaktiewe wildevarke, het sedert 2007 vervierdubbel”, berig Spiegel Online. Baie jagters verkoop die vleis van wildevarke vir menslike gebruik, maar regeringsregulasies verbied die verkope van vleis met hoë vlakke van sesium-137, ’n radioaktiewe element wat 25 jaar gelede deur die Tsjernobil-ongeluk vrygestel is. Wildevarke is vatbaar vir hierdie besmetting omdat hulle lief is vir “sampioene en truffels, wat radioaktiwiteit besonder goed absorbeer”, verduidelik Spiegel. “Die rede waarom die uitbetalings toeneem, het natuurlik meer te doen met die feit dat Duitsland se wildevarkbevolking die hoogte inskiet as met ’n toename in radioaktiewe besmetting.” Deskundiges sê dat die probleem in verband met radioaktiwiteit waarskynlik nog 50 jaar sal voortduur.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel