Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/11 bl. 29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ingevoerde Asiatiese bruide
  • Ontrouheid vervolmaak?
  • Gebore om te dans?
  • Wat van Internetvriendskappe?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Ons amptelike webwerf—Gebruik dit vir persoonlike en gesinstudie
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Kinders en die Internet—Wat ouers moet weet
    Ontwaak!—2008
  • Die kloof tussen ryk en arm
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 5/11 bl. 29

Ons beskou die wêreld

“Dit is 300 keer waarskynliker dat vroue wat in arm lande woon, gedurende swangerskap of kindergeboorte sal sterf as wat die geval sou gewees het as hulle in ryk lande gewoon het.”—BUSINESSWORLD, DIE FILIPPYNE.

’n Opname in Duitsland toon dat 40 persent van 11- tot 15-jariges in daardie land nie weet dat die son in die ooste opkom nie; 60 persent weet nie dat die tydperk tussen elke volmaan vier weke is nie.—WELT ONLINE, DUITSLAND.

Argeoloë het ’n Filistynse tempel in eertydse Gat gevind. Die gebou, wat op twee sentrale pilare gerus het, herinner ’n mens aan die Bybelverslag van Simson, wat teen sulke pilare gestoot het sodat die tempel inmekaargestort het.—THE JERUSALEM POST, ISRAEL.

Ingevoerde Asiatiese bruide

“Al hoe meer Asiatiese mans in ryk lande soos Japan en Suid-Korea soek bruide uit armer [Asiatiese lande] soos Viëtnam en die Filippyne”, sê die aanlyn Filippynse koerant BusinessWorld. Tussen 1995 en 2006 het die aantal Japannese mans wat met buitelandse vroue getrou het, met 73 persent toegeneem. Waarom? “Plaaslike vroue wat finansieel onafhanklik is, raak kieskeurig”, sê die verslag, en is huiweriger om te trou. Maar vroue van armer lande is bereid om selfs met mans van die werkersklas in ryker lande te trou omdat dit hulle “die hoop op ’n beter lewe bied”.

Ontrouheid vervolmaak?

’n Omstrede maatsoekwebwerf wat in vyf lande dienste verskaf, adverteer hulle dienste met die leuse: “Die lewe is kort. Dis tyd vir ’n affair.” Volgens die stigter vergroot die diens nie die moontlikheid dat mense aan hulle maat ontrou sal wees nie, aangesien dié wat daarvan gebruik maak, “reeds besluit het om dit te doen”. “Die meeste van die probleme wat met ontrouheid verband hou, ontstaan omdat mense uitgevang word. Ons maak dit vir mense wat affairs wil hê, moontlik om dit in die geheim te doen”, sê hy. “Ons het nie ontrouheid uitgedink nie—ons het dit net vervolmaak.” Die diens het tans sowat 6,4 miljoen lede.

Gebore om te dans?

“Mense het die unieke vermoë om hulle bewegings met ’n eksterne klankstimulus te koördineer, soos wanneer hulle dans of met hulle voet op die maat van musiek klop”, sê ’n verslag wat gepubliseer is deur navorsers van die universiteite van York, Engeland, en Jyväskylä, Finland. Die navorsers het gevind dat klein kindertjies wat nog nie eers kon praat nie, gereageer het op die ritme van musiek en spontaan op die maat daarvan probeer beweeg het. Hoe suksesvoller hulle was, hoe langer het hulle geglimlag. Dit gee te kenne dat ’n sin vir ritme en ’n begeerte om op die maat van musiek te beweeg, nie iets is wat ons aanleer nie, maar iets is wat van nature kom.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel