Vir gesinsbespreking
Wat is verkeerd in hierdie prent?
Lees Genesis 4:1-8. Kyk nou na die prent. Wat is daarmee verkeerd? Skryf jou antwoorde hieronder neer.
1. ․․․․․
2. ․․․․․
3. ․․․․․
VIR BESPREKING:
Hoe het Kain gereageer toe Jehovah God guns betoon het aan sy broer Abel? Wat moet jy nie doen nie as dit lyk of jou ouers jou broer of jou suster voortrek, en waarom nie?
WAT WEET JY OMTRENT DIE APOSTEL NATANAEL?
4. Watter ander naam het Natanael waarskynlik ook gehad?
LEIDRAAD: Lees Lukas 6:14; Johannes 1:44-46.
․․․․․
5. Wat het Jesus omtrent Natanael waardeer?
LEIDRAAD: Lees Johannes 1:47.
․․․․․
VIR BESPREKING:
Hoe kan jy Natanael navolg? Watter voordele sal dit vir jou inhou?
LEIDRAAD: Lees Psalm 24:3-5; 34:13-16.
PRENTEJAG VIR KINDERS
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
IN HIERDIE NOMMER
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 5 Watter neiging het die mens se hart? Genesis 8:․․․
BLADSY 6 Hoe wil ons ons gedra? Hebreërs 13:․․․
BLADSY 24 Wat moet ons vir ons stel? 1 Korintiërs 9:․․․
BLADSY 26 Wat sal gebeur as jy wag totdat die wind en die weer net reg is? Prediker 11:․․․
● Antwoorde op bladsy 21
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Net twee seuns het offerandes gebring.
2. Kain het die vrugte van die grond geoffer.
3. Abel het ’n skaap geoffer, nie ’n bees nie.
4. Bartolomeus.
5. Daar was geen bedrog in hom nie.