“’n Wydverspreide vertrouenskrisis”
In Wes-Afrika lê ’n 12-jarige seun in ’n hospitaalbed—die slagoffer van ’n nagemaakte teenmiddel vir malaria wat sy ma by ’n erkende apteek gekoop het. “Ons vind al 15 jaar lank nagemaakte medisyne op die mark”, sê ’n hospitaaldokter.a
In Asië is die ouers van ’n pasgebore seuntjie geskok om uit te vind dat die sogenaamde verrykte melk wat hulle hom gegee het, met ’n gevaarlike bestanddeel besmet is. Ongelukkig sterf die seuntjie.
’n Vertroude Amerikaanse sakeman het sy kliënte uit miljarde dollars verkul! Duisende vind uit dat hulle pensioengeld verdwyn het in wat “die bedrog van die eeu” genoem is.
IN DIE wêreld waarin ons vandag leef, is feitlik almal se vertroue al op die een of ander stadium geskend. Selfs die wêreldwye ekonomiese verknorsing is grotendeels die gevolg van wat die Franse koerant Le Monde “’n wydverspreide vertrouenskrisis” noem.
Watter faktore het tot die hedendaagse “vertrouenskrisis” bygedra? Is daar enigiemand wat jy kan vertrou?
[Voetnoot]
a Soos berig in die koerant Le Figaro, uitgegee in Parys, Frankryk.