Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/10 bl. 30
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2010
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wetenskaplikes skandeer babamammoet
  • Vinnige egskeidings
  • Kolibries—‘Vinniger as vegvliegtuie’
  • Egskeiding het wel slagoffers
    Ontwaak!—1991
  • Die egskeidingsontploffing
    Ontwaak!—1992
  • Egskeiding—die wrange vrugte
    Ontwaak!—1992
  • Moet egskeiding toegelaat word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 6/10 bl. 30

Ons beskou die wêreld

“In Januarie 2009 het agt state altesaam meer as 23 300 kernwapens besit.”—STOCKHOLM SE INTERNASIONALE VREDESNAVORSINGSINSTITUUT, SWEDE.

In Afrika is tienduisende boorgate, putte en pompe—waarvan talle onlangs met buitelandse hulp gemaak en voorsien is—nie meer in ’n bruikbare toestand nie “om ’n eenvoudige en voorkombare rede: dit word nie in stand gehou nie”.—INTERNASIONALE OMGEWINGS-EN ONTWIKKELINGSINSTITUUT, BRITTANJE.

Wetenskaplikes skandeer babamammoet

Russiese wetenskaplikes het met behulp van ’n skandeerder gedetailleerde beelde van ’n mammoet se inwendige organe verkry. Die dier—wat drie tot vier maande oud was toe dit doodgegaan het—is ongeskonde in die ys van die Jamalo-Nenets-streek in die Arktiese deel van Rusland gevind. “Dit is die bes bewaarde eksemplaar van nie net die mammoet nie, maar van enige prehistoriese dier”, het Aleksei Tichonof, die adjunkdirekteur van die Russiese Akademie vir Wetenskap se Soölogiese Instituut, gesê. Rekenaartomografie, soortgelyk aan dié wat gebruik word om menslike pasiënte te skandeer, het geen beserings getoon nie. Die feit dat die mammoet se lugweë en spysverteringstelsel “verstop” is deur iets wat soos slik lyk, laat wetenskaplikes tot die slotsom kom dat die dier “heel moontlik verdrink het”.

Vinnige egskeidings

Dit het onlangs baie makliker geword om in Mexikostad ’n egskeiding te verkry, berig die koerant El Universal. In 2008 is die 21 redes om ’n egskeiding te verkry—ontrouheid, geweld, ensovoorts—uit die wetboeke geskrap. Al wat ’n persoon nou hoef te doen, is om ongeveer R3 000 in ’n prokureurskantoor se bankrekening te deponeer en ’n aansoekvorm, wat op die Internet verkry kan word en waarin gemeld word dat hy of sy die ander persoon nie meer liefhet nie, te onderteken en dit aan die hof te stuur. Niks hoef voor ’n regter bewys te word nie. Dit neem net twee tot vier maande om ’n egskeiding te verkry, nie meer jare soos onder die vorige stelsel nie. Toesig oor kinders, onderhoud, verdeling van eiendom en ander sake word later afgehandel.

Kolibries—‘Vinniger as vegvliegtuie’

In terme van liggaamslengtes per sekonde vlieg ’n duikende kolibrie vinniger as ’n vegvliegtuig, sê ’n navorser van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, VSA. Christopher Clark het die hofmaakrituele van die Anna-kolibriemannetjies verfilm en bereken dat “die geveerde akrobate snelhede van byna 400 liggaamslengtes per sekondes bereik” wanneer hulle duik om wyfies te beïndruk. Hierdie snelheid is vergelykenderwys “groter as [dié] van ’n vegvliegtuig” in volle vaart, sê Clark. Wanneer die voël aan die einde van die duik weer opstyg, word hy onderwerp aan ’n krag wat tien keer sterker is as swaartekrag—meer as wat vegvlieëniers kan verduur sonder om hulle bewussyn te verloor.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel