Vir Gesinsbespreking
Wie het hierdie werk gehad?
Watter twee leiers van eertydse Israel het as herders gewerk? Skryf jou antwoorde hieronder neer.
1. LEIDRAAD: Lees Eksodus 3:1.
․․․․․
2. LEIDRAAD: Lees 1 Samuel 17:34-36.
․․․․․
VIR BESPREKING:
Watter eienskappe moes ’n goeie herder aan die dag lê? Waarom vergelyk Jesus homself met ’n herder en sy dissipels met skape?
LEIDRAAD: Lees Johannes 10:11-16.
WAT WEET JY OMTRENT KONING ASA?
3. Wat het Asa gedoen net nadat hy koning geword het?
LEIDRAAD: Lees 2 Kronieke 14:2-5.
․․․․․
4. Uit watter land het ’n leër van ’n miljoen man teen Asa kom veg?
LEIDRAAD: Lees 2 Kronieke 14:9, 10.
․․․․․
VIR BESPREKING:
Hoe het Asa gereageer toe Hanani hom tereggewys het?
LEIDRAAD: Lees 2 Kronieke 16:7-10.
Was dit reg van Asa om so te reageer? Hoe moet jy reageer wanneer jy tereggewys word, en waarom?
PRENTEJAG VIR KINDERS
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
IN HIERDIE NOMMER
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 20 In wie se mag lê die hele wêreld? 1 Johannes 5:․․․
BLADSY 21 Wat doen die liefde nie? Romeine 13:․․․
BLADSY 26 Waarvan moet ons ons onthou? 1 Tessalonisense 4:․․․
BLADSY 26 Waarteen sondig iemand wat hoerery beoefen? 1 Korintiërs 6:․․․
● Antwoorde op bladsy 22
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Moses.
2. Dawid.
3. Valse aanbidding uit die weg geruim.
4. Etiopië.