Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/09 bl. 30
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Meer as een taal?
  • Pornografie ontstel kinders
  • Hulle beplan vir ’n egskeiding
  • Ouers wat sukkel om liefde te betoon
  • Help die kinders van “inwonende vreemdelinge”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Die grootmaak van kinders in ’n vreemde land—Die uitdagings en belonings
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Ons kinders—’n kosbare erfenis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 10/09 bl. 30

Ons beskou die wêreld

◼ “Omtrent ’n derde van die meisies in die Verenigde State raak swanger voordat hulle 20 is.”—SENTRUMS VIR SIEKTEBEHEER EN -VOORKOMING, VSA.

◼ In ’n Amerikaanse studie oor manlike “slagoffers van gesinsgeweld” wat onder 420 mans gedoen is, is daar bevind dat “byna drie uit 10 al geslaan of andersins mishandel is”.—AMERICAN JOURNAL OF PREVENTIVE MEDICINE.

Meer as een taal?

Baie ouers is bang dat hulle kinders se vermoë om hulle moedertaal te praat, belemmer sal word as hulle aan ’n tweede taal blootgestel word. Maar die teenoorgestelde is waar, sê ’n navorsingspan onder leiding van die neurowetenskaplike Laura-Ann Petitto in Toronto, Kanada. “Die senuweefsel waarmee jy gebore word . . . , is reg en gereed om taal te leer”, sê Petitto, “en dit kan meer as een taal baasraak.” Op skool vaar tweetalige kinders dikwels beter as kinders wat net een taal kan praat. Nogtans sê die Toronto Star: “Ouers moet die inisiatief neem om hulle jong kinders ’n tweede taal te leer as hulle wil hê dat hulle al die voordele moet geniet wat met tweetaligheid gepaardgaan.”

Pornografie ontstel kinders

Kinders word op ’n al hoe jonger ouderdom aan skadelike pornografie en gewelddadige Internetvideo’s blootgestel. Volgens Heinz-Peter Meidinger, die voorsitter van die Duitse Vereniging van Filoloë, weet seuns van 12 jaar en ouer dikwels hoe en waar om webwerwe te vind waarop gruwelike geweld of verderflike pornografie voorkom. Hoewel kinders dalk op die oog af sterk en ongeërg is, word baie innerlik geskok en ontstel wanneer hulle daarna kyk. Meidinger spoor ouers aan om belangstelling te toon in wat op hulle kind se rekenaar is en wat in hulle kop aangaan.

Hulle beplan vir ’n egskeiding

’n Rekordgetal Australiërs onderteken huwelikskontrakte waarvolgens hulle maat aan spesifieke voorwaardes ten opsigte van lewenstyl moet voldoen, berig Sydney se Sunday Telegraph. Huwelikskontrakte sit duidelik uiteen hoe egpare hulle bates sal verdeel indien hulle skei. Baie kontrakte bepaal nou die lewenswyse wat elke maat moet handhaaf sodat die huwelik kan voortbestaan. Klousules kan vasstel wie sal kook, skoonmaak of bestuur, asook of troeteldiere toegelaat word, hoeveel elke maat mag weeg, wie met die hond sal gaan stap en wie die vullis sal uitneem. Die regsgeleerde Christine Jeffress sê dat mense “minder vertroue het dat hulle verhouding vir ewig sal duur”.

Ouers wat sukkel om liefde te betoon

“Al hoe meer ouers het ’n handleiding nodig oor hoe om hulle kindertjies te behandel, aangesien hulle klaarblyklik nie in staat is om natuurlike liefde teenoor hulle te betoon nie”, sê die Poolse tydskrif Newsweek Polska. Ouers moet die basiese dinge geleer word, soos om vir hulle kinders drukkies te gee, met hulle te speel en vir hulle te sing. Hierdie dinge is noodsaaklik vir kinders om gebalanseerd te ontwikkel. Maar navorsing toon dat “om televisie te kyk en inkopies te doen, die algemeenste maniere is waarop Poolse ouers tyd saam met hulle kinders deurbring”. Om saam te speel, was maar sesde op die lys.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel