Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/09 bl. 8-9
  • Sleutel 7: ’n Vaste grondslag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sleutel 7: ’n Vaste grondslag
  • Ontwaak!—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Is daar ’n geheim om gesinsgeluk te geniet?
    Die geheim van gesinsgeluk
  • ’n Huis in twee geskeur—Die uitwerking van egskeiding op adolessente
    Ontwaak!—2009
  • Wat sê die Bybel oor die huwelik?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wanneer die huwelik dreig om te verbrokkel
    Die geheim van gesinsgeluk
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 10/09 bl. 8-9

Sleutel 7: ’n Vaste grondslag

Wat dit behels. Sterk gesinne bly nie vanself bymekaar nie, net soos ’n huis nie dekades lank net bly staan nie. ’n Stewige gebou het ’n sterk fondament nodig, en dieselfde geld vir ’n sterk gesin. Suksesvolle gesinne word gegrond op ’n doeltreffende bron van leiding.

Waarom dit saak maak. Boeke, tydskrifte en TV-programme bied ’n oorvloed raad oor die gesinslewe. Party huweliksberaders raai egpare met probleme aan om bymekaar te bly, terwyl ander daardie selfde egpare aanspoor om uitmekaar te gaan. Deskundiges verander selfs hulle eie mening oor hierdie onderwerpe. In 1994 het ’n gewilde terapeut wat spesialiseer in die probleme van adolessente, byvoorbeeld geskryf dat sy vroeër in haar loopbaan gemeen het dat “kinders beter vaar by gelukkige enkelouers as by ongelukkige getroude ouers. Ek het gedink dat egskeiding beter is as om ’n ongelukkige huwelik te moet verduur.” Maar ná twee dekades se ondervinding het sy van mening verander. Sy het gesê: “Egskeiding verpletter baie kinders.”

Opinies kan verander, maar die beste raad wat gevind kan word, sal altyd op die een of ander manier die beginsels in God se Woord, die Bybel, weerspieël. Terwyl jy hierdie reeks artikels gelees het, het jy dalk opgelet dat daar bo-aan bladsye 3-8 ’n Bybelbeginsel staan. Hierdie beginsels het baie gesinne gehelp om ware sukses te behaal. Soos alle ander gesinne, ondervind hulle ook probleme. Die verskil is dat die Bybel hulle ’n vaste grondslag vir die huwelik en gesinslewe gegee het. Ons kan dit van die Bybel verwag omdat die Outeur daarvan, Jehovah God, die Insteller van die gesinsreëling is.—2 Timoteus 3:16, 17.

Probeer hierdie oefening. Maak ’n lys van die tekste wat boaan bladsye 3 tot 8 aangehaal word. Voeg enige ander Bybelverse by wat jou gehelp het. Hou ’n lys daarvan byderhand en kyk dikwels daarna.

Stel ’n doelwit. Wees vasbeslote om die Bybel in jou gesinslewe toe te pas.

[Prent op bladsy 8, 9]

Met ’n vaste skriftuurlike grondslag kan jou gesin die storms deurstaan wat dit in gevaar stel

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel