Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/09 bl. 30
  • Ons beskou bie wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou bie wêreld
  • Ontwaak!—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • TV beïnvloed seksuele gedrag
  • Nuwe gevalle van melaatsheid
  • Diefstal van radioaktiewe materiaal
  • Antieke skrif in Israel gevind
  • Kernafval—die dodelike vullis
    Ontwaak!—1990
  • My lewe as ’n melaatse—vreugdevol en geestelik geseënd
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Het televisie jou verander?
    Ontwaak!—1991
  • Radioaktiwiteit—Hoe word jy daardeur bedreig?
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 7/09 bl. 30

Ons beskou bie wêreld

◼ ’n Gapermossel wat van die bodem van die Noord-Atlantiese Oseaan opgevis is, word beskou as “die langslewende dier wat nog ooit gevind is”. Wetenskaplikes het die groeilae van sy skulp getel en vasgestel dat die gapermossel 405 jaar oud was.—SUNDAY TIMES, BRITTANJE.

◼ “Tydens ’n ekonomiese insinking voel selfs diegene wie se netto bates miljarde beloop, die druk. Vra net hulle sielkundiges.”—THE NEW YORK TIMES, VSA.

TV beïnvloed seksuele gedrag

“Daar is al hoe meer bewyse dat blootstelling aan seksuele tonele op televisie jongmense se seksuele gedrag en gesindheid teenoor seks vorm”, sê ’n artikel wat in die tydskrif Pediatrics verskyn het. Trouens, volgens een studie is die moontlikheid dat adolessente wat baie aan hierdie programme blootgestel word, “swanger sal raak, twee keer groter” as in die geval van diegene wat min na sulke materiaal kyk. ’n Moontlike rede hiervoor is dat die TV die indruk skep dat seksuele gedrag nie wesenlike gevare inhou nie, aangesien ongewenste swangerskappe en seksueel oordraagbare siektes nie realisties genoeg uitgebeeld word nie. Die TV is natuurlik net een medium wat adolessente se seksuele gedrag vorm. Navorsers stel ook voor dat daar dringend aandag geskenk moet word aan tydskrifte, die Internet en musiek.

Nuwe gevalle van melaatsheid

Drieduisend mense in die Verenigde State word behandel vir melaatsheid, wat ook Hansen-siekte genoem word. Elke jaar word ongeveer 150 nuwe gevalle gediagnoseer. Baie kom uit ander lande. Maar die Nasionale Program vir Hansen-siekte in Baton Rouge, Louisiana, “sien elke jaar ongeveer 30 gevalle onder inwoners in Suid-Louisiana en die Golfkus van Texas wat in die VSA gebore is en nooit ’n land besoek het waar die siekte endemies is nie”, sê die Amerikaanse Vereniging vir Tropiese Geneeskunde en Higiëne. Navorsers verstaan nog steeds nie ten volle hoe die siekte versprei nie. As melaatsheid vroeg gediagnoseer word, is dit heeltemal behandelbaar. Maar as die siekte eers ’n gevorderde stadium bereik het, kan skade aan die senuwees nie herstel word nie.

Diefstal van radioaktiewe materiaal

“Die moontlikheid dat terroriste kern- of ander radioaktiewe materiaal in die hande kan kry, bly ’n ernstige gevaar”, sê Mohamed ElBaradei, direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergieagentskap. “Die aantal gevalle wat by die Agentskap aangemeld is in verband met kern- of radioaktiewe materiaal wat gesteel of verloor is, is ontstellend hoog—byna 250 in die eerste helfte van 2008 alleen. Net so kommerwekkend is die feit dat baie van hierdie materiaal nooit opgespoor word nie.” Dit is nie duidelik of hierdie situasie die gevolg is van ’n toename in die aanvraag na radioaktiewe materiale of van die feit dat lidstate verlore radioaktiewe materiale akkurater rapporteer nie.

Antieke skrif in Israel gevind

Israeliese argeoloë het ’n antieke teks gevind wat blykbaar 1 000 jaar ouer is as die Dooie See-rolle. Die dokument, vyf reëls wat in ink op ’n erdeskerf geskryf is, is ontdek tydens opgrawings by ’n Judese vesting van die tiende eeu v.G.J. by Khirbet Qeiyafa, Israel. Die dokument is nog nie volledig ontleed nie, maar dit lyk asof dit ’n regsdokument is wat deur ’n professionele kopiïs geskryf is en wat “woorde bevat waarvan ‘regter’, ‘slaaf’ en ‘koning’ afgelei is”, sê ’n persverklaring deur die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem.

[Foto-erkenning op bladsy 30]

Gabi Laron/Institute of Archaeology/Hebrew University © Yosef Garfinkel

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel