Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/09 bl. 10
  • Die energie-besparende koffervis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die energie-besparende koffervis
  • Ontwaak!—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2009
  • Wie het dit eerste ontwerp?
    Is lewe geskep?
  • Wat leer ons uit die natuur?
    Ontwaak!—2006
  • Visskole
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 7/09 bl. 10

Is dit ontwerp?

Die energie-​besparende koffervis

Om ’n motor te vervaardig wat stewiger, meer energiebesparend en omgewingsvriendelik is, het ontwerpers op ’n vreemde plek inspirasie gevind—onder die see! Die koffervis, wat naby koraalriwwe in tropiese waters voorkom, voorsien ’n uitstekende model vir ’n liggewigvoertuig met verbasende aërodinamika.

Dink hieraan: Die koffervis kan vinnig swem—hy kan ’n afstand van tot ses keer die lengte van sy liggaam per sekonde aflê. Maar hierdie spoed is nie net te danke aan sy krag nie. In teenstelling met wat ’n mens sou verwag, verbeter die vis se kubusagtige vorm in werklikheid sy aërodinamiese eienskappe. Trouens, ingenieurs wat ’n model van die koffervis gebou en dit in ’n windtonnel getoets het, het gevind dat hierdie ontwerp baie beter deur die lug gly as motors met ’n kompakte ontwerp.

Die koffervis het ’n benerige vel wat hom baie sterk, dog baie lig maak. Klein draaikolkies ontstaan in die water om die vis, wat die diertjie stabiliseer wanneer hy turbulensie teëkom. Die koffervis het dus uitstekende beweeglikheid en word goed teen besering beskerm.

Ingenieurs glo dat die koffervis die sleutel voorsien om ’n veiliger en terselfdertyd ligter voertuig met ’n doeltreffender brandstofverbruik te vervaardig. “Om eerlik te wees”, sê dr. Thomas Weber, ’n navorsings- en ontwikkelingshoof, “ons was verbaas dat hierdie vissie wat so lomp lyk, sowaar ons model geword het vir die ontwerp van ’n aërodinamiese motor met ’n doeltreffende brandstofverbruik.”

Wat dink jy? Het die energiebesparende koffervis per toeval ontstaan? Of is dit ontwerp?

[Foto-erkennings op bladsy 10]

Koffervis: © Hal Beral/V&W/SeaPics.com; motor: Mercedes-Benz USA

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel