Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/08 bl. 3-4
  • Waarom is ons hier?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom is ons hier?
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Diegene wat die vraag vra
  • ’n Suksesvolle lewensreis
  • Hy het vertroosting in sy God gevind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Hy het vertroosting in sy God gevind
    Volg hulle geloof na
  • Is daar werklik enige sin in die lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Sal jy getrou wees soos Elia?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 12/08 bl. 3-4

Waarom is ons hier?

Wat is die doel van die lewe?

BUITEN die vrae hierbo, wat so dikwels gevra word, sou baie mense ook wou weet: Kan ons uitsien na enigiets meer as om net ’n kortstondige 70 of 80 jaar te lewe en dan te sterf?—Psalm 90:9, 10.

Ons soek moontlik op geen ander tyd so desperaat na antwoorde op hierdie vrae as wanneer ons besef hoe kortstondig ons lewe werklik is nie. Ons hoef natuurlik nie ’n lewensgevaarlike krisis deur te maak om te vra waarom ons hier is nie. Ontnugtering kan ook die vraag laat ontstaan. En sommige vra dit wanneer hulle oor hulle lewenspatroon nadink.

Dave het ’n goed betaalde werk en ’n mooi woonstel gehad, en hy het dit geniet om tyd saam met al sy vriende deur te bring. Hy vertel: “Ek het laat een aand ná ’n partytjie huis toe gestap toe die vraag skielik by my opkom: ‘Is dit al wat daar is?—Gaan ek net ’n kort rukkie lewe en dan sterf? Of is daar iets meer?’ Wat my getref het, was hoe leeg my lewe op daardie stadium was.”

In sy boek Man’s Search for Meaning sê Viktor Frankl dat party mede-oorlewendes van die Nazi-slagting voor hierdie vraag te staan gekom het nadat hulle uit konsentrasiekampe vrygelaat is. Toe van hulle by die huis gekom het, het hulle gehoor dat hulle geliefdes gesterf het. Frankl het geskryf: “Weë hom wat, wanneer die dag van sy drome uiteindelik aanbreek, vind dat dit hemelsbreed verskil van alles waarna hy uitgesien het!”

Diegene wat die vraag vra

Die vraag oor waarom ons hier is, is al deur alle geslagte gevra. Die Bybel vertel van mense wat gewonder het oor die doel van hulle lewe. Nadat die man Job sy rykdom en kinders verloor het en terwyl hy ’n verskriklike siekte moes verduur, het hy gevra: “Waarom het ek nie van die moederskoot af gesterf nie? Waarom het ek nie uit die skoot uitgegaan en toe die laaste asem uitgeblaas nie?”—Job 3:11.

Die profeet Elia het dieselfde gevoel. Toe hy gedink het dat hy alleen was as ’n aanbidder van God, het hy gekla: “Dit is genoeg! Neem nou my siel weg, o Jehovah” (1 Konings 19:4). Hierdie gevoel is baie algemeen. Ja, die Bybel beskryf Elia as “’n mens met gevoelens soos ons s’n”.—Jakobus 5:17.

’n Suksesvolle lewensreis

Die lewe word dikwels met ’n reis vergelyk. Net soos jy ’n reis kan aanpak sonder om ’n eindbestemming in gedagte te hê, kan jy jou lewe lei sonder om die ware doel daarvan te identifiseer. As jy dit doen, loop jy die gevaar om verstrengel te raak in wat die bekende skrywer Stephen R. Covey die “besig-wees van die lewe” noem. Hy het geskryf oor diegene wat “vind dat hulle oorwinnings behaal wat leeg is, suksesse ten koste van dinge wat hulle skielik besef vir hulle baie waardevoller is”.

Sal jy nie saamstem dat dit onsinnig is om ons spoed te vermeerder as ons nie in die regte rigting beweeg nie? Om eweneens na betekenis in die lewe te soek deur bloot ‘besiger te wees’, sal slegs leegheid meebring, nie ware vervulling nie.

Die strewe om te verstaan waarom ons hier is, strek verder as kultuur- en ouderdomsverskille. Dit spruit voort uit ’n diepgaande behoefte wat ons almal het, ’n geestelike behoefte wat onbevredig kan bly, selfs nadat ons materiële behoeftes bevredig is. Kom ons kyk na hoe party hierdie behoefte probeer bevredig het in hulle soeke na die doel van die lewe.

[Lokteks op bladsy 4]

Om na betekenis in die lewe te soek deur bloot ‘besiger te wees’, sal slegs leegheid meebring, nie ware vervulling nie

[Prent op bladsy 3]

Job het gewonder waarom hy gebore is

[Prent op bladsy 4]

Elia het “gevoelens soos ons s’n” gehad

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel