Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/08 bl. 29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Vlieër help om skip te trek
  • Hulle oorleef droogte
  • Die beste plek vir sterrekunde
  • Tabakmoraliteit?
    Ontwaak!—1991
  • “Nie een van julle sal doodgaan nie”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • ’n Kykie in die heelal
    Ontwaak!—1991
  • Hubble-probleme—Hoe is dit opgelos?
    Ontwaak!—1995
Ontwaak!—2008
g 12/08 bl. 29

Ons beskou die wêreld

◼ In Duitsland meen slegs 8 persent van die bevolking dat die belangrikste deel van Kersaand die godsdienstige aspek daarvan is. In 1980 was dit 47 persent.—TV-NUUSKANAAL N24, DUITSLAND.

◼ “Vir die eerste keer in die geskiedenis [van die VSA] is meer as een uit elke 100 Amerikaanse volwassenes agter tralies . . . Landwyd [is] die tronkbevolking byna 1,6 miljoen.”—THE NEW YORK TIMES, VSA.

◼ In ’n studie is daar gevind dat “100% van die Spanjaarde wat getoets is”, ten minste een soort plaagdoder in hulle liggaam het, dit wil sê “stowwe wat volgens internasionale klassifikasie gevaarlik vir ’n mens se gesondheid kan wees”.—UNIVERSITEIT VAN GRANADA, SPANJE.

◼ “In lande met beskikbare inligting is die inkomste uit tabakbelasting meer as 500 keer hoër as die besteding aan tabakbeheer.”—WÊRELDGESONDHEIDSORGANISASIE, SWITSERLAND.

◼ Islam het nou meer aanhangers as die Rooms-Katolieke Kerk. In 2006 het Islam aanspraak gemaak op 19,2 persent van die wêreld se bevolking en Rooms-Katolisisme op 17,4 persent.—DIE REUTERS-NUUSDIENS, BRITTANJE.

Vlieër help om skip te trek

In hierdie tye van stygende brandstofpryse en groeiende kommer oor die omgewing soek skeepseienaars na maniere om brandstofverbruik en gasuitlatings te verminder. En hulle gebruik ’n ou staatmaker—die wind. Een idee wat reeds getoets is, is die gebruik van ’n vlieër om ’n skip te help trek, berig die koerant Frankfurter Allgemeine Zeitung. Die vlieër, wat 300 meter hoog vlieg, maak gebruik van die wind, wat die kaptein in staat stel om die skip se enjin stadiger te laat loop. ’n Vlieër van 160 vierkante meter het onlangs ’n vragskip oor die Atlantiese Oseaan help vaar.

Hulle oorleef droogte

“Die larwe van ’n Afrikavlieg oorleef kwaai droogtes deur as ’t ware in ’n lekker te verander”, berig Science News. Wanneer hulle grootliks ontwater is, vervang die larwes van die vlieg Polypedilum vanderplanki die water in hulle selle met ’n glasagtige stof, wat soortgelyk is aan gesmelte suiker wanneer dit hard word. In hierdie gemummifiseerde toestand kom die larwes se metabolisme heeltemal tot stilstand. Die larwes kan tot 17 jaar lank in hierdie “toestand van skyndood” bly totdat die volgende reëns hulle laat herlewe.

Die beste plek vir sterrekunde

’n Internasionale span het ’n ten volle robotbeheerde sterrewag by Dome Argus opgerig, en op 4 000 meter bo seevlak is dit die hoogste punt op die oostelike deel van die Suidpoolplato. Hierdie gebied is net sowat 1 000 kilometer van die Suidpool af, baie koud en by tye uiters donker. Die lug is baie droog, daar is min wind en die nagte is vier nagte lank. Dome Argus is glo die beste plek op aarde vir sterrekundige waarnemings. Met ’n teleskoop, sê Lifan Wang, direkteur van die Chinese Sentrum vir Suidpoolsterrekunde, “is dit [van hier af] moontlik om beeldmateriaal te verkry wat van amper dieselfde gehalte is as dié wat in die ruimte verkry kan word, teen ’n baie laer koste as om ’n teleskoop in die ruimte te lanseer”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel