Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/08 bl. 18
  • Ontmoet die nuuskierige neusbeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ontmoet die nuuskierige neusbeer
  • Ontwaak!—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel verander lewens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2008
  • Geveerde wonders van die Bogoriameer
    Ontwaak!—1992
  • ’n Ogie op die diereryk
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 7/08 bl. 18

Ontmoet die nuuskierige neusbeer

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRASILIË

TERWYL jy rustig deur die woud stap, sien jy skielik ’n trop neusbere wat in jou rigting beweeg. Jy is bang en wonder of hulle jou gaan aanval. Ontspan! Hoewel neusbere mense al gebyt het, stel hierdie nuuskierige diertjies eintlik net belang in die sak wat jy dra. Neusbere is altyd op soek na iets om te eet. Trouens, hulle sal byna enigiets verorber wat hulle in die hande kan kry, insluitende wurms, akkedisse, spinnekoppe, muise, vrugte en selfs voëleiers.

Die neusbeer is verwant aan die muishond, maar dit het ’n langer liggaam en stert sowel as ’n lang, buigsame snoet. Hierdie tropiese, Amerikaanse soogdier, wat tot 66 sentimeter lank word—met ’n stert wat omtrent net so lank is—kom hoofsaaklik voor in die gebied wat strek van die suidweste van die Verenigde State af tot Noord-Argentinië.

Wyfies beweeg rond in groepe van tot 20, terwyl mannetjies alleenlopers is. Elke jaar sluit een mannetjie tydens paartyd by ’n groep wyfies aan. Tussen sewe en agt weke later verlaat die dragtige wyfies die groep om in bome nes te gaan maak. Elke wyfie kry drie of vier kleintjies. Omtrent ses weke nadat hulle geboorte gegee het, sluit die nuwe ma’s—saam met hulle kleintjies—weer by die groep aan. Die babaneusbeertjies lyk soos waggelende bolletjies pels.

Neusbere ruik heeltyd die lug en grawe met hulle kloue in die grond terwyl hulle deur die woude beweeg. Boere hou niks van neusbere nie omdat hulle groot skade in mielielande en hoenderhokke kan aanrig. Wanneer daar op hulle jag gemaak word, weet neusbere wat om te doen. Hierdie slim diertjies het wegkruipplekke in die bome waarvan hulle goeie gebruik maak. Hulle het ook ’n ander manier om te ontsnap. Wanneer hulle die geluid hoor van ’n skoot wat afgaan of iemand wat hulle hande klap, val hulle op die grond neer en maak hulle asof hulle dood is! Teen die tyd dat die jagter naby genoeg is om hulle te vang, is hulle skoonveld!

Dalk sal jy ’n groep neusbere teëkom wanneer jy Brasilië weer besoek. Indien wel, moenie bang wees nie. Dit is onwaarskynlik dat hulle jou sal seermaak. Maar hulle sal beslis nie omgee as jy ’n paar smaaklike happies in hulle rigting gooi nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel