Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/08 bl. 4-6
  • Kan Mense ’N Gelukkige Toekoms Waarborg?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan Mense ’N Gelukkige Toekoms Waarborg?
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Ons het al alles probeer”
  • Waarom so ’n droewige geskiedenis?
  • Ons Skepper kom tot ons redding!
  • Regering
    Redenering uit die Skrif
  • Geloof en jou toekoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Wat gaan van die planeet Aarde word?
    Oorlewing tot in ’n nuwe aarde
  • Waarom sou God lyding toelaat?
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 5/08 bl. 4-6

Kan mense ’n gelukkige toekoms waarborg?

Jy het so pas in ’n mooi baksteenhuis ingetrek wat lyk asof dit stewig gebou is. Dit is wat jy nog altyd wou hê. Die toekoms lyk goed! Maar binne net ’n paar jaar ontwikkel die huis ernstige strukturele probleme en moet dit gesloop word. Jy is baie hartseer. Maar jy is nie alleen nie. Ander huise in jou buurt het dieselfde probleme ontwikkel. ’n Ondersoek toon dat ’n foutiewe ontwerp en bakstene van swak gehalte die oorsaak is.

SOOS daardie huis, is die wêreld in groot moeilikheid. Ten spyte van tallose maatskaplike en politieke eksperimente en byna wonderdadige vooruitgang in die wetenskap en tegnologie, lyk dit asof die hele struktuur van die samelewing besig is om inmekaar te stort. In ’n aantal lande is wetteloosheid en anargie reeds aan die orde van die dag. Sal wanhoop mense dryf om oplossings vir hulle probleme te vind en om uiteindelik goeie regerings tot stand te bring? Kyk na wat sommige kenners gesê het oor hoe die mens tot dusver gevaar het.

“Ons het al alles probeer”

In ’n poging om die wêreld ’n beter plek te maak, het denkers, van die Griekse filosoof Plato tot die Duitse politieke filosoof en sosialis Karl Marx, talle politieke ideologieë voorgestel. Die gevolg? ’n Artikel in die tydskrif New Statesman het gesê: “Ons het nie ’n einde aan armoede gemaak of wêreldvrede tot stand gebring nie. Trouens, dit lyk asof ons presies die teenoorgestelde gedoen het. Dit is nie asof ons nie probeer het nie. Ons het al alles probeer van Kommunisme tot die vryemarkekonomie; van die Volkebond tot kernwapens as afskrikmiddel. Ons het al te veel ‘oorloë om oorlog te beëindig’ gevoer om te glo dat ons weet hoe om oorlog te beëindig, en in ons binnestedelike gebiede lyk dit asof daar ’n voortdurende blitsoorlog woed.” Die artikel het verder gesê: “Aan die begin van die [20ste] eeu het ons geesdriftig geglo dat die wetenskaplikes ons sal red, en aan die einde van die eeu glo ons nie ’n enkele woord wat hulle sê nie.”

In 2001 het ’n emeritus professor van ekonomie en kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Londen, Eric Hobsbawm, geskryf dat die mensdom se politieke stelsels “’n tydperk beleef waarin die impak van mensebedrywighede op die natuur en die aarde wêreldwye afmetings aangeneem het”. Die oplossing vir of verligting van hierdie probleme “sal maatreëls vereis waarvoor daar beslis geen ondersteuning gevind sal word deur stemme te tel of verbruikersvoorkeure te bepaal nie. Dit lyk nie baie belowend vir die langtermynvooruitsigte van demokrasie of van die aarde nie.”

Die wêreldbekende astrofisikus en gewilde skrywer, Stephen Hawking, meen dat rampspoed die mensdom in die gesig staar en het in die lig hiervan gevra: “Hoe kan die menseras nog 100 jaar voortbestaan in ’n wêreld waar daar chaos heers op politieke, maatskaplike en omgewingsgebied?”

Waarom so ’n droewige geskiedenis?

Net die Bybel gee ’n bevredigende verduideliking van waarom die mensdom se pogings om oor homself te regeer, hopeloos misluk. Om maar een ding te noem, die Bybel gee ’n baie eerlike beskrywing van die mensdom se toestand. Kyk byvoorbeeld na die volgende vier grondwaarhede.

Ons is almal onvolmaak. “Almal het gesondig en skiet te kort aan die heerlikheid van God” (Romeine 3:23). Net soos swak plekke in bakstene kan veroorsaak dat ’n gebou verswak en verbrokkel, kom oorgeërfde onvolmaaktheid in mense na vore op maniere wat die samelewing kan verswak. Dit sluit neigings tot korrupsie in, sowel as oneerlikheid, gierigheid en die misbruik van mag. Dit is niks nuuts nie. ’n Wyse Bybelskrywer het ongeveer drieduisend jaar gelede gesê: “Die mens [het] oor die mens geheers . . . tot sy nadeel.”—Prediker 8:9.

Leiers in die regering en geregshowe erken ons onvolmaakthede en swakhede en probeer dit met tallose wette teëwerk. Maar hulle doen dit al weet hulle goed dat ’n mens nie liefde vir jou medemens of die begeerte om wetsgehoorsaam te wees, in ’n wet kan neerlê nie.

Ons sterf. “Moenie julle vertroue in edeles stel nie, ook nie in die mensekind, aan wie geen redding behoort nie. Sy gees [of lewenskrag] gaan uit, hy keer terug na sy grond; op daardie dag vergaan sy gedagtes” (Psalm 146:3, 4). Koning Salomo van eertydse Israel, wat as een van die wysste heersers in die geskiedenis beskou word, het gesien hoe vergeefs sy harde werk op die ou end kan wees. Hy het geskryf: “Ek, ja ek, het al my harde werk gehaat waaraan ek hard gewerk het onder die son, wat ek sal agterlaat vir die mens wat ná my sal kom. En wie weet of hy wys of dwaas sal wees? Tog sal hy die beheer oorneem oor al my harde werk . . . Ook dit is nietigheid.”—Prediker 2:18, 19.

Ons kan nie oor onsself regeer nie. “Aan die mens [behoort] sy weg nie . . . Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie” (Jeremia 10:23). Benewens die feit dat ons onvolmaak is, leer die Bybel dat mense, volgens God se oorspronklike voorneme, nie die godgegewe reg het om hulleself te regeer of die vermoë het om dit doeltreffend te doen nie. Waarom voel mense byvoorbeeld gegrief wanneer ’n ander mens of groep mense vir hulle sê wat om te doen of sedelike en etiese standaarde vir hulle stel? Die antwoord: Ons is geskep om op ’n hoër gesag as die mens te vertrou vir leiding in die lewe. Daardie Gesag is God.—Jesaja 33:22; Handelinge 4:19; 5:29.

Mense word deur ’n onsigbare heerser beïnvloed. “Die hele wêreld lê in die mag van die bose”—Satan die Duiwel (1 Johannes 5:19). As die topbestuur van ’n maatskappy heeltemal korrup is—en as ’t ware bo die wet is—wat sou ’n gewone werker kon doen om dinge reg te stel? Min, indien enigiets. Dieselfde is waar wanneer dit kom by die regstelling van die probleme wat in werklikheid toegeskryf kan word aan die verskuilde heersers van hierdie wêreld—onsigbare, bose geesskepsele wat onder die beheer van hulle opperheerser, Satan, werk. Die Bybel beskryf daardie heersers as “regerings”, “owerhede”, “wêreldheersers van hierdie duisternis” en “bose geesmagte in die hemelse plekke”.—Efesiërs 6:12.

Die Bybel lê egter nie net die mensdom se mislukkings en die wêreld se onsigbare heersers bloot nie. Dit voorsien ook goeie nuus in die vorm van ’n onfeilbare oplossing vir al ons probleme en gee ons sodoende ’n stewige grondslag vir hoop.

Ons Skepper kom tot ons redding!

Op ons eie sou ons nooit ’n oplossing vir hierdie probleme kon vind nie. Nie eers die intelligentste, magtigste of rykste mens het die mag om ’n enkele een van die vier werklikhede wat in hierdie artikel genoem is, te verander nie.a Maar soos daar in die volgende artikel verduidelik word, het ons Skepper ons nie vergeet of verlaat nie. Trouens, as die aarde se regmatige Soewerein sal hy elke struikelblok wat op die weg na ons geluk lê, uit die weg ruim (1 Johannes 4:8). Wat meer is, hy sal dit binnekort doen. Hoe weet ons dit?

Soos in verlede maand se nommer van hierdie tydskrif verduidelik is, toon wêreldgebeurtenisse en maatskaplike toestande baie duidelik dat ons diep in “die laaste dae” van die teenswoordige wêreld lewe (2 Timoteus 3:1; Matteus 24:3-7). Nee, die einde sal nie kom in die vorm van ’n kernslagting of ’n botsing met ’n asteroïede of op die een of ander manier wat goeie sowel as slegte mense sonder onderskeid vernietig nie. Dit sal eerder die gevolg wees van goddelike ingryping wat spesifiek gerig is op die goddeloses, insluitende dié wat daarop aandring om menslike soewereiniteit in stand te hou (Psalm 37:10; 2 Petrus 3:7). God sal terselfdertyd ’n einde maak aan al die lyding wat deur sulke teenstanders van God veroorsaak is.b—2 Tessalonisense 1:6-9.

Dan sal die Skepper ons probleme in verband met regering oplos deur algehele gesag oor die aarde aan ’n regering te gee wat “die koninkryk van God” genoem word (Lukas 4:43). Soos ons nou sal sien, laat hierdie wêreldregering ’n mens heeltemal anders oor die toekoms dink.

[Voetnote]

a Sien die artikel “Is filantropie die antwoord?” op bladsy 19.

b Die vraag: “Waarom laat God lyding toe?” word bespreek op bladsy 106 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Venster/Prent op bladsy 5]

SWAK “BAKSTENE” VAN DIE MENSEGEMEENSKAP

◼ Ons is almal onvolmaak.

◼ Ons sterf.

◼ Ons kan nie oor onsself regeer nie.

◼ Mense word deur ’n onsigbare heerser beïnvloed.

[Venster op bladsy 6]

MENSE SAL NIE DIE AARDE VERDERF NIE!

Die Skepper se voorneme dat die aarde ’n veilige, vreedsame tuiste vir godvresende mense moet wees, word duidelik in die Bybel uiteengesit. Kyk na die volgende tekste.

“Hy het die aarde op sy vaste plekke gegrondves; tot onbepaalde tyd of tot in ewigheid sal niks dit laat wankel nie.”—Psalm 104:5.

“U het die aarde stewig gevestig, sodat dit kan bly staan.”—Psalm 119:90.

“’n Geslag gaan, en ’n geslag kom; maar die aarde bly tot onbepaalde tyd staan.”—Prediker 1:4.

“Die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah soos die waters die see bedek.”—Jesaja 11:9.

“[Jehovah is] die Formeerder van die aarde en die Maker daarvan, Hy, wat dit stewig gevestig het, wat dit nie verniet geskep het nie, wat dit gevorm het om bewoon te word.”—Jesaja 45:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel