Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 11/07 bl. 29
  • ’n Blywende bewys van God se liefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Blywende bewys van God se liefde
  • Ontwaak!—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • “Kyk, Ek maak alles nuut”
    “Kyk, Ek maak alles nuut”
  • Peins oor Jehovah se ewige liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Is daar ’n God? Maak dit ’n verskil?
    Ontwaak!—2015
  • Ware liefde is lonend
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 11/07 bl. 29

’n Blywende bewys van God se liefde

DIE sewe wonders van die antieke wêreld is so genoem omdat hulle ontsag by mense gewek het. Maar met die uitsondering van die piramides, bestaan hierdie monumente nie meer nie. Aan die ander kant bestaan die Bybel nog steeds en is dit akkuraat tot in ons dag oorgedra, hoewel dit deur nederige manne op bederfbare materiale geskryf is. Ons kan ons volle vertroue in hierdie unieke boek stel.—Jesaja 40:8; 2 Timoteus 3:16, 17.

Deur sy gedagtes op skrif te laat stel, het Jehovah God seker gemaak dat die oordrag daarvan nie oorgelaat sou word aan die onvolmaakte mensegeheue nie. Wat meer is, die eenvoudige taal wat die Bybelskrywers gebruik het, stel selfs baie met ’n beperkte opvoeding in staat om die Bybel te lees en dit te verstaan (Handelinge 4:13). Sou jy enigiets anders verwag van die Skepper en die geïnspireerde skrywers? Daarbenewens lewer die Bybel se wye verspreiding bewys van God se groot liefde vir sy menseskepping, ongeag waar hulle woon of watter taal hulle praat (1 Johannes 4:19). Die feit dat die Bybel algemeen beskikbaar is, verlaag nie die waarde daarvan nie, maar maak dit eerder iets besonders!

Die inhoud van die Bybel onthul selfs meer omtrent God se liefde. Soos ons in die vorige artikels gesien het, verduidelik God se Woord waar ons vandaan kom, waarom die lewe so kortstondig en vol probleme is, en hoe God die situasie sal regstel deur middel van sy Koninkryksregering. Ons het ook uitstekende Bybelraad ondersoek oor hoe om selfs nou ’n gelukkige en lonende lewe te lei (Psalm 19:7-11; Jesaja 48:17, 18). Ons het bowenal geleer hoe ons Skepper sy naam gaan suiwer van al die smaad wat dit aangedoen is deur Satan se leuens.—Matteus 6:9.

Watter ander boek is so waardevol, so relevant, so prakties en so vol hoop vir die siek mensdom? Ja, in teenstelling met die sewe wonders van die antieke wêreld, waarvan die meeste gebou is om valse gode of magtige mense te verheerlik, is die Bybel waarlik ’n blywende bewys van Jehovah se onselfsugtige liefde vir sy menseskepping.

As jy dit nog nie gedoen het nie, ondersoek gerus die Skrif self. Tans hou Jehovah se Getuies gratis Bybelstudies met meer as sesmiljoen mense oor die hele wêreld. Hulle beskou dit as ’n voorreg om opregte mense te help besef dat die Bybel werklik betroubaar en die geïnspireerde Woord van God is.—1 Tessalonisense 2:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel