Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/07 bl. 28
  • Waarom word ek flou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom word ek flou?
  • Ontwaak!—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Bloed—Noodsaaklik vir lewe
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Bloed
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 4/07 bl. 28

Waarom word ek flou?

Die dokter wou die druk in my oog meet, ’n prosedure wat vereis het dat hy met ’n instrument aan my oogbol moet raak. Ek het geweet wat gaan gebeur. Dit gebeur altyd. Dit is dieselfde as wanneer ’n verpleegster ’n naald gebruik om bloed te trek. Soms gebeur dit al word daar net oor beserings gepraat—ek word flou.

Volgens ’n Britse verslag word sowat 3 persent van ons dikwels flou wanneer ons in een van die spesifieke situasies is wat hierbo genoem word. As jy ook hieraan ly, het jy dalk al vergeefs probeer keer dat jy flou word. Jy het dalk badkamer toe gestap sodat jy nie in die openbaar flou val nie. Maar dit is nie ’n goeie idee nie. Jy kan op pad daarheen flou word en jou beseer. Nadat ek al etlike kere hierdie reaksie ondervind het, het ek besluit om uit te vind wat die oorsaak daarvan is.

Nadat ek met ’n behulpsame dokter gepraat het en in ’n paar boeke daaroor opgelees het, het ek uitgevind dat so ’n episode ’n vasovagale aanval genoem word.a Dit word vermoedelik veroorsaak deur die wanfunksionering van ’n liggaamstelsel wat veronderstel is om die bloedsomloop te reguleer, soos wanneer ’n mens sit en dan opstaan.

In sekere omstandighede, soos wanneer jy bloed sien of iemand jou oë ondersoek, reageer jou outonome senuweestelsel soos wanneer jy lê, wanneer jy in werklikheid sit of staan. Eers klop jou hart vinniger weens angstigheid. Dan is daar ’n skerp daling in jou polsslag, en bloedvate in jou bene verwyd. Gevolglik vloei meer bloed na jou bene en minder bloed na jou kop toe. Jou brein kry nie genoeg suurstof nie, en jy word flou. Hoe kan jy voorkom dat dit gebeur?

Jy kan wegkyk wanneer jou bloed getrek word, of jy kan tydens die prosedure lê. Soos genoem is, kan jy dikwels die waarskuwingstekens herken wat ’n vasovagale aanval voorafgaan. Daar is dus gewoonlik genoeg tyd om iets te doen voordat jy flou word. Baie dokters beveel aan dat jy plat lê en jou bene teen ’n stoel of ’n muur laat rus. Dit keer dat jou bloed in jou bene invloei, en jy kan sodoende voorkom dat die reaksie tot ’n volskaalse flouteaanval lei. Jy sal waarskynlik binne ’n paar minute beter voel.

As hierdie inligting jou help soos dit my gehelp het, sal jy die tekens van ’n naderende vasovagale aanval kan herken. Dan kan jy onmiddellik optree en dit keer voordat dit gebeur.—Bygedra.

[Voetnoot]

a “Vasovagaal” verwys na die uitwerking wat ’n lang senuwee, die vagussenuwee, op die bloedvate het. Die Latynse woord vagus beteken “dwalend”.

[Lokteks op bladsy 28]

Dit sal dalk help om tydens ’n mediese prosedure te lê

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel