Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 11/06 bl. 13
  • ’Maaltye bring ons nader aan mekaar’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’Maaltye bring ons nader aan mekaar’
  • Ontwaak!—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan etenstye julle gesinswaardes versterk?
    Ontwaak!—2010
  • Help jou gesin om tot in God se nuwe wêreld behoue te bly
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Stel roetines vas en bly daarby
    Ontwaak!—2007
  • Gesinsrooster—die dagteks
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 11/06 bl. 13

’Maaltye bring ons nader aan mekaar’

EET julle gesin elke dag ten minste een maaltyd saam? In vandag se gejaagde wêreld het maaltye ongelukkig vir die meeste gesinne onbeplande, “doen jou eie ding”-geleenthede geword. Maar behalwe dat dit in ’n fisiese behoefte voorsien, kan ’n maaltyd saam as ’n gesin in selfs belangriker behoeftes voorsien—om hartlike kommunikasie te geniet en die gesinsband hegter te maak.

Algirdas en sy vrou, Rima, en hulle drie dogters woon in die Noord-Europese land Litaue. “Hoewel ek werk en die meisies skoolgaan”, sê Algirdas, “beplan ons ons dag sodat ons aandete saam kan eet. Gedurende maaltye kan ons almal openhartig gesels oor die dag se gebeure sowel as ons probleme, ons menings, ons planne en waarvan ons hou en nie hou nie. Ons gebruik hierdie tyd ook om geestelike besprekings te hê. Maaltye bring ons ongetwyfeld nader aan mekaar.”

Rima voeg by: “Wanneer ek maaltye saam met my dogters voorberei, gee dit ons ook geleenthede vir intieme gesprekke. Die meisies geniet dit om saam in die kombuis te werk en terselfdertyd leer hulle nuttige vaardighede. So maak ons van ons werk ’n plesier.”

Algirdas, Rima en hulle kinders geniet baie voordele omdat hulle die tyd inruim om ’n maaltyd saam te eet. As julle dit nie alreeds doen nie, kan julle gerus dinge so reël dat julle elke dag ten minste een maaltyd saam as ’n gesin geniet, al is jy ’n enkelouer. Die voordele sal enige opoffering wat julle maak, ver oortref.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel