Kosbare herinneringe herroep
Nadat ’n vrou die boek Leer by die Groot Onderwyser ontvang het, het sy besluit om dit na haar bejaarde suster te neem. Die suster, wat nou in haar middeltagtigerjare is, ly aan Alzheimer se siekte. Sy was egter 70 jaar lank ’n ywerige Bybelstudent en ’n Bybelonderrigter. Maar sy onthou min van onlangse gebeure, en sy begin nie dikwels gesprekke nie.
“Die eerste dag”, het die jonger suster gesê, “het ek verduidelik dat die boek bedoel is om ouers te help om Bybelbeginsels en -leringe by hulle kinders in te skerp en dat ek dit graag vir haar wil lees. Ek het geen reaksie gekry nie. Maar toe ek begin lees, het sy baie geesdriftig geword en elke vraag beantwoord wat in die paragraaf gevra is. Daar was tye dat sy die res van ’n teks wat ek aangehaal het, uit haar kop opgesê het—maar volgens die King James Version, wat sy uit haar jong dae onthou. Partykeer het sy my arm gegryp terwyl ek haar van ’n Bybelverslag vertel het en gesê: ‘O, ek onthou dit!’
“Teen die einde van ons besoek—nadat ek meer as die helfte van die boek vir haar gelees het—het sy gesê dat sy graag nog wou hoor. Haar man, wat baie goed vir haar sorg, het die res van die boek vir haar gelees. Hierdie ondervinding met my suster het my gehelp om te besef hoe waardevol dit is om sulke publikasies vir die bejaardes en siekes te lees.”
Hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye, wat dieselfde grootte as hierdie tydskrif is, word deur jonk en oud geniet. Hoewel die lesse wat op leringe van Jesus Christus gebaseer is, in eenvoudige taal gestel word, kan alle ouderdomsgroepe daarby baat vind. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Leer by die Groot Onderwyser by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.