Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 12/8 bl. 31
  • “Welkom in Jehovah se organisasie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Welkom in Jehovah se organisasie”
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 12/8 bl. 31

“Welkom in Jehovah se organisasie”

’n Gesin in Finland wat al ’n ruk lank met Jehovah se Getuies omgaan, het teenstand uit baie oorde ondervind. “Hulle gaan julle geld vat”, het mense gewaarsku. Ander het gesê: “Julle gaan julle huis verloor.” Toevallig het ’n brand een aand die gebou waarin die gesin se verhittingstelsel was, ernstig beskadig—groot skade in die koue noordelike klimaat.

Die versekering het beswaarlik die koste van die herbouingsmateriaal gedek. Dit het gelyk of die brand die ongunstige voorspellings bevestig het. Die vader van die gesin sê met ’n sug: “Ons het werklik mismoedig gevoel.” Nogtans het die man en die vrou nie hulle planne verander om net drie weke later gedoop te word nie.

Die plaaslike gemeente het dit as ’n geleentheid gesien om die Bybel se raad toe te pas: “Kindertjies, laat ons liefhê, nie met woorde of met die tong nie, maar met dade en in waarheid” (1 Johannes 3:18). Medegelowiges het planne gemaak om die gebou reg te maak. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Finland het praktiese raad voorsien oor hoe om te werk te gaan. Bouplanne is opgetrek, boupermitte is verkry, ’n lys van die nodige materiale is gemaak en vrywilligers is gevra om te help.

Omtrent ’n maand ná die brand was die werk in volle gang. Een Woensdag het die plaaslike Getuies die halfverbrande ruïne gesloop. Omdat Getuies van ander gemeentes kom help het, kon ’n mens teen Vrydag al die raamwerk van die nuwe gebou begin sien. Die vader van die gesin het op pad dorp toe ’n plaaslike amptenaar raakgeloop wat wou weet of hy die beskadigde gebou teen die reën beskerm het deur ’n seil oor die dak te gooi. “Nee, daar is nie ’n seil nie”, het die vader trots geantwoord, “maar daar is 30 manne op die dak!”

Saterdag was daar byna 50 geestelike broers en susters op die terrein, wat verheug was omdat hulle die voorreg gehad het om te kan help. Een van die bure wat ook gehelp het, het gesê: “Gisteraand het ek gestop om te dink hoe spesiaal julle mense is! Julle gee regtig vir mekaar om en help mekaar.”

Daardie aand is die werk voltooi. Die nuwe gebou was ’n duidelike antwoord op die bevooroordeelde waarskuwings wat die gesin ontvang het. Een gemeentelike ouer man onthou die oomblik toe hy en die vader teruggestaan het om na die resultate te kyk: “Dit was ’n wonderlike gevoel om my arm om ons pas gedoopte broer se skouers te sit en te sê: ‘Welkom in Jehovah se organisasie.’”

[Prent op bladsy 31]

Brandskade

[Prent op bladsy 31]

Tydens die herstelwerk

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel