Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 9/22 bl. 32
  • Vertroosting vir dié wat treur

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertroosting vir dié wat treur
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 9/22 bl. 32

Vertroosting vir dié wat treur

◼ Die volkleurbrosjure met 32 bladsye Wanneer ’n geliefde sterf bied sulke vertroosting. Dit kan dié wat weens die dood van ’n geliefde treur, help om die gevoelens en emosies wat hulle ervaar, te verstaan en te verwerk. Die brosjure bespreek ook hoe ander diegene wat treur, kan help.

Die brosjure beantwoord vrae soos: Hoe kan ek my smart verwerk? Watter hoop is daar vir dié wat gesterf het? Dit gee die Bybel se verduideliking van die dood en die toestand van die dooies. En nog belangriker, dit beklemtoon God se belofte, deur Jesus Christus, van ’n opstanding tot lewe op ’n gereinigde paradysaarde.

Miskien sal jy of iemand wat jy ken, vertroos word deur hierdie brosjure te lees. Jy kan gerus jou eie eksemplaar aanvra.

Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel