Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 7/8 bl. 31
  • ‘In ons taal is daar geen vuil taal nie’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘In ons taal is daar geen vuil taal nie’
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom Christene vloektaal moet vermy
    Ontwaak!—1992
  • Obseniteit—Is dit werklik skadelik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Wat het geword van die Apaches?
    Ontwaak!—1998
  • Vermy spraak wat seermaak
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 7/8 bl. 31

‘In ons taal is daar geen vuil taal nie’

WAT is vuil taal? Dit is “smadende, smerige of oneerbiedige taal” (The American Heritage Dictionary). Ongelukkig word vuil taal in baie lande algemeen gebruik. In die verlede was dit gewoonlik mans wat hulle aan sulke onwelvoeglike praatjies skuldig gemaak het, maar vandag is dit al hoe algemener om vuil taal uit vroue se monde te hoor. In party kulture was vuil taal egter nie altyd deel van daaglikse gesprekke nie. Neem byvoorbeeld die woorde van die Apache-Indiaan James Kaywaykla.

James is in omstreeks 1873 in Nieu-Mexiko in die Verenigde State gebore. In sy latere jare, toe hy amper 90 jaar oud was, het hy die volgende ondervinding vertel:

“Een oggend het my oupa se stem my wakker gemaak. Hy het in die ingang van ons skuiling gesit en in die rigting van die opkomende son gekyk terwyl hy Die Oggendlied gesing het. Dit is ’n lofsang aan Ussen . . . en hy het Hom gedank vir een van sy grootste gawes—die liefde tussen ’n man en vrou, wat vir die Apaches iets heiligs is.a Hulle vertel nooit vuil grappe oor geslagsomgang nie, en die feit dat Witoë [witmense] bevrugting en geboorte ligsinnig beskou, is iets wat hulle nie kan verstaan nie. Dit is vir hulle net so ernstig soos om God se naam ydellik te gebruik. Ek is baie trots daarop dat daar in ons taal geen vuil taal is nie. Ons dank die Skepper van Lewe vir die voorreg om ’n deel daaraan te hê om nuwe lewe voort te bring.”—Native Heritage, onder redaksie van Arlene Hirschfelder.

Byna 2 000 jaar gelede het die Christenapostel Paulus geskryf: “Laat ’n slegte woord nie uit julle mond uitgaan nie, maar net ’n woord wat goed is vir opbouing waar dit nodig is, sodat dit iets gunstigs aan die hoorders kan meedeel.” Hy het ook geskryf: “Laat hoerery en elke soort onreinheid of hebsug nie eens onder julle genoem word nie, net soos dit heilige mense betaam; ook nie skandelike gedrag of dwase praatjies of onwelvoeglike skertsery nie, dinge wat nie betaamlik is nie, maar eerder danksegging.”—Efesiërs 4:29; 5:3, 4.

Hoe kan vuil taal en onwelvoeglike skertsery uit die hart, die verstand en die mond verwyder word? Paulus se raad aan die Filippense sal ons almal moontlik help: “Broers, alles wat waar is, alles wat van ernstige belang is, alles wat regverdig is, alles wat kuis is, alles wat lieflik is, alles waarvan goed gepraat word, watter deug en watter lofwaardige saak daar ook al is, hou aan om hierdie dinge te bedink.”—Filippense 4:8.

[Voetnoot]

a Die Apaches glo dat Ussen die skepper van lewe is.

[Foto-erkennings op bladsy 31]

Alle foto’s: Library of Congress, Prints & Photographs Division; Apache-simbool: Dover Publications, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel