Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 6/8 bl. 12-13
  • Is dit verkeerd om ambisieus te wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is dit verkeerd om ambisieus te wees?
  • Ontwaak!—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Was Abraham ambisieus?
  • ’n Ander beskouing van status, roem en mag
  • Nederigheid lei tot verheffing
  • Ware Christene vermy ambisie
  • Wie was Abraham?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Jehovah het hom “my vriend” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • “Die hele verpligting van die mens”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Abraham—’n Man van liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 6/8 bl. 12-13

Die Bybel se beskouing

Is dit verkeerd om ambisieus te wees?

“WAT is nou eintlik verkeerd met roem, rykdom en mag?” Hierdie vraag het in ’n verslag deur ’n godsdiensvereniging verskyn onder die opskrif “Etiese dilemmas”. Die verslag het na God se woorde aan Abraham verwys: “Ek sal jou ’n groot nasie maak en ek sal jou seën en ek sal jou naam groot maak.”—Genesis 12:2.

Hoewel die verslag gemeld het dat “ambisie nie ten koste van ander nagejaag moet word nie”, het dit ’n beroemde eerste-eeuse rabbi aangehaal wat gesê het: “As ek nie in my eie belang optree nie, wie sal?” Dit het tot die slotsom gekom: “As ons nie ons eie potensiaal verwesenlik nie, gaan niemand anders dit vir ons doen nie.” Skep ambisie ’n dilemma vir diegene wat God graag wil dien? Wat behels dit om ons potensiaal te verwesenlik? Is dit verkeerd om ambisieus te wees? Wat is die Bybel se beskouing?

Was Abraham ambisieus?

Abraham word in die Bybel uitgebeeld as ’n uitsonderlike man van geloof (Hebreërs 11:8, 17). God het Abraham nie aangespoor om ambisieus te wees toe Hy belowe het om hom ’n groot nasie te maak en hom ’n groot naam te gee nie. God het sy voorneme uitgespreek om deur middel van Abraham die mensdom te seën, ’n voorneme wat blote mensestrewes oortref het.—Galasiërs 3:14.

Abraham het sy toegewydheid aan God geopenbaar deur ’n lewe van gemak en voorspoed in Ur agter te laat (Genesis 11:31). Later was Abraham bereid om sy mag en gesag ter wille van die vrede prys te gee toe hy sy broerskind Lot die beste deel van die land aangebied het om in te woon (Genesis 13:8, 9). Abraham word nêrens in die Bybelverslag as ’n ambisieuse man uitgebeeld nie. Dit is eerder sy geloof, gehoorsaamheid en nederigheid wat hom as ’n ware “vriend” by God bemind gemaak het.—Jesaja 41:8.

’n Ander beskouing van status, roem en mag

Ambisie word gedefinieer as ’n “vurige begeerte na status, roem of mag”. In die ou tyd het koning Salomo status, roem en mag, tesame met groot rykdom, gehad (Prediker 2:3-9). Maar hy het, interessant genoeg, nie van die begin af ’n vurige begeerte na hierdie dinge gehad nie. Toe Salomo die koningskap geërf het, het God hom genooi om enigiets te vra wat hy graag wou hê. Salomo het nederig ’n gehoorsame hart gevra, asook die nodige onderskeidingsvermoë om oor God se uitverkore volk te heers (1 Konings 3:5-9). Later, nadat hy die omvang van sy rykdom en mag beskryf het, het Salomo gesê: “Alles was nietigheid en ’n gejaag na wind.”—Prediker 2:11.

Het Salomo enigiets gesê oor mense wat hulle potensiaal bereik? In sekere sin het hy. Nadat hy sy talle ondervindinge in die lewe ondersoek het, was sy gevolgtrekking: “Vrees die ware God en onderhou sy gebooie. Want dit is die hele verpligting van die mens” (Prediker 12:13). Mense bereik hulle potensiaal, nie deur status, rykdom, roem of mag te verkry nie, maar deur God se wil te doen.

Nederigheid lei tot verheffing

Daar is weliswaar niks daarmee verkeerd om ’n sekere mate van liefde vir jouself te hê nie. Die Bybel beveel ons om ons naaste lief te hê soos onsself (Matteus 22:39). Dit is net natuurlik om gerief en geluk te begeer. Maar die Skrif moedig ook harde werk, nederigheid en beskeidenheid aan (Spreuke 15:33; Prediker 3:13; Miga 6:8). Dikwels word eerlike, betroubare en hardwerkende mense opgemerk, vind hulle goeie werk en word hulle gerespekteer. Hierdie weg is sekerlik beter as om ander vir persoonlike gewin te probeer manipuleer of met ander mee te ding om ’n posisie.

Jesus het dié wat na hom geluister het, gewaarsku om nie vir hulleself die vernaamste plek by ’n huweliksfees te kies nie. Sy raad aan hulle was om die geringste plek in te neem en dit aan die gasheer oor te laat om hulle ’n ander plek aan te bied. Jesus het die betrokke beginsel duidelik uiteengesit en gesê: “Elkeen wat hom verhef, sal verneder word, en hy wat hom verneder, sal verhef word.”—Lukas 14:7-11.

Ware Christene vermy ambisie

Die Bybel toon dat trotse ambisie verband hou met menslike onvolmaaktheid (Jakobus 4:5, 6). Die apostel Johannes was eens op ’n tyd ambisieus. Hy het status so vurig begeer dat hy, sowel as sy broer, Jesus onbeskroomd gevra het vir ’n baie vername posisie in die Koninkryk (Markus 10:37). Later het Johannes sy gesindheid verander. Trouens, in sy derde brief het hy hom sterk uitgespreek teen Diotrefes, wat, soos hy dit gestel het, “daarvan hou om die eerste plek . . . te beklee” (3 Johannes 9, 10). Christene neem vandag Jesus se woorde ter harte en verneder hulleself, terwyl hulle die voorbeeld van die bejaarde apostel Johannes navolg, wat geleer het om ambisieuse neigings te weerstaan.

Ons moet egter realisties wees en besef dat ’n individu se talente, vermoëns, goeie dade en harde werk nie op sigself erkenning verseker nie. Soms beloon ander mense dit en soms nie (Spreuke 22:29; Prediker 10:7). Partykeer kan diegene met minder kwalifikasies in ’n gesagsposisie geplaas word, terwyl individue wat beter bekwaam is, geen erkenning verkry nie. In hierdie onvolmaakte wêreld is diegene wat status en mag kry, nie noodwendig dié met die beste kwalifikasies nie.

Vir ware Christene skep die kwessie van ambisie nie ’n etiese dilemma nie. Hulle Bybelopgeleide gewete help hulle om ambisie te weerstaan. Hulle probeer eenvoudig om in alle situasies hulle bes te doen, tot heerlikheid van God, en sake dan in sy hande te laat (1 Korintiërs 10:31). Christene streef daarna om hulle potensiaal te bereik deur God te vrees en sy gebooie te onderhou.

[Prent op bladsy 12, 13]

Het God Abraham aangespoor om ambisieus te wees?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel