Die lewe van Jesus ’n waardevolle geskenk
Bykans 2 000 jaar gelede het God die grootste geskenk voorsien wat die mensdom tot nog toe ontvang het—die lewe van sy Seun, Jesus Christus, wat dit vir ons moontlik maak om die ewige lewe te verkry (Johannes 3:16). Baie het uit waardering hiervoor vir vriende en familielede ’n eksemplaar van Die grootste mens wat nog geleef het as ’n geskenk gegee, ’n boek wat die lewe van Jesus bespreek soos dit in die vier Evangelies beskryf word.
’n Tydjie gelede het ’n man verduidelik dat hy hierdie boek vir mense gee van wie hy Kerskaartjies ontvang. Hy skryf aan hulle en verduidelik kortliks waarom hy nie meer Kersfees vier nie, en hy gebruik verwysings uit die ensiklopedie, die woordeboek en die Bybel. Dan sluit hy ’n eksemplaar van Die grootste mens wat nog geleef het in.
Die man het gesê dat hy twee baie bemoedigende antwoorde van universiteitsprofessors ontvang het. Die een brief het gelui: “Ek het nou die dag jou pragtige geskenk, Die grootste mens wat nog geleef het, ontvang. Ons is so bly dat jy dit vir ons gestuur het. Dit is in so baie opsigte ’n pragtige boek. Ons het dit reeds baie gebruik.”
Hierdie boek sluit die toesprake in wat Jesus gehou het sowel as sy illustrasies en wonderwerke. Sover moontlik word alles vertel in die volgorde waarin dit plaasgevind het. En die boek bevat pragtige prente wat deeglik nagevors is en bedoel is om die gevoelens van Jesus en sy tydgenote weer te gee.
As jy graag ’n eksemplaar van hierdie boek met 448 bladsye wil ontvang, kan jy die bygaande koepon invul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.
□ Lewer asseblief die boek Die grootste mens wat nog geleef het by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.