Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 10/22 bl. 32
  • Vertroosting op die regte tyd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertroosting op die regte tyd
  • Ontwaak!—2003
Ontwaak!—2003
g03 10/22 bl. 32

Vertroosting op die regte tyd

In hierdie kritieke tye het baie mense vertroosting nodig, veral wanneer hulle ’n geliefde aan die dood afgestaan het. Een vrou het haar ma en haar ongebore baba kort na mekaar verloor. Sy het aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko geskryf: “Dit het my baie vertroos toe ek die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf ontvang het. Hierdie waardevolle inligting het op die regte tyd gekom. Dankie vir die Christelike liefde en ywer wat julle toon deur sulke Bybelpublikasies te voorsien.”

Sy is veral vertroos deur tekste wat in die brosjure aangehaal is. Byvoorbeeld, 1 Korintiërs 15:26 sê: “As die laaste vyand gaan die dood tot niet gemaak word.” Miskien sal jy of iemand wat jy ken ook vertroosting vind deur hierdie brosjure met 32 bladsye te lees. Wanneer ’n geliefde sterf bespreek onderwerpe soos: “Hoe kan ek my smart verwerk?”, “Hoe kan ander help?” en “’n Vaste hoop vir die dooies”.

Jy kan ’n eksemplaar aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel