Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 10/22 bl. 31
  • Die wêreld se grootste saad

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die wêreld se grootste saad
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Die deurlopende harmonie van die Bybel
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
  • Ons moet “veel vrug bly dra”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Jehovah is lief vir mense wat “met volharding vrug dra”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Die slang se saad—Hoe is dit aan die kaak gestel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 10/22 bl. 31

Die wêreld se grootste saad

Baie jare gelede, toe ’n buitengewone groot saad in die Maledive en in Indonesië op die strand uitgespoel het, het dit die mens se verbeelding aangegryp. Mites oor die oorsprong daarvan het versprei. Party het gemeen dat dit afkomstig is van ’n boom wat onder die water groei. Dit het dus die naam Coco-De-Mer, of seeklapper, gekry. Party het selfs gedink dat dit die verbode vrug is wat Adam in die tuin van Eden geëet het. Maar die waarheid is uiteindelik in die middel van die 18de eeu ontdek. Hierdie raaiselagtige saad het gekom van ’n palmboom wat slegs in die Seychelle, ’n klein groepie eilande in die Indiese Oseaan, gevind word.

In die Vallée de Mai, op die eiland Praslin, word die meeste van die Coco-De-Mer-palms gevind. Hierdie palms kan tot 30 meter hoog en na raming honderde jare oud word. ’n Fassinerende feit oor die Coco-De-Mer is dat dit eenslagtig is; daar is manlike en vroulike bome. Voordat die vroulike boom vrugte kan dra, moet dit deur ’n manlike Coco-De-Mer bestuif word. Gevolglik moet volwasse bome van albei geslagte teenwoordig wees vir die spesie om in die natuur te oorleef.

Die vrugte van die vroulike Coco-De-Mer is waarlik uniek. Aan die boom lyk dit soos ’n groot, groen hart. Maar aan die binnekant het dit ’n groot tweelobbige saad wat tot 20 kilogram kan weeg. Party vrugte het meer as een saad. Dit is geen wonder nie dat die Coco-De-Mer in The Guinness Book of Records opgeteken is as die boom met die grootste saad ter wêreld.

As ’n mens opkyk na die trosse van hierdie reusevrugte, vul dit jou met ontsag vir hierdie skeppingswonder. Maar dit kan nogal gevaarlik wees om onder so ’n boom te staan. Hierdie trosse kan tot 180 kilogram weeg. Daar is verbasend genoeg nog geen beserings aangemeld as gevolg van vrugte wat geval het nie. Dit is nietemin verstandig om nie die Vallée de Mai te besoek wanneer die weer baie stormagtig is nie. Hierdie merkwaardige vrug kan die beste onder kalm weerstoestande bewonder word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel