“’n Mens móét dit net lees”
Dit is hoe ’n leser van Kalifornië, VSA, die boek Kom nader aan Jehovah beskryf het. “Dit is goed geskryf, pragtig geïllustreer en propvol geestelike juwele”, het hy gesê. Hy het toe afgesluit: “Baie dankie vir hierdie wonderlike boek oor ons luisterryke God.”
Ander het soortgelyke kommentare gemaak: “Noudat ek dit deurgelees het, is ek eintlik ’n bietjie hartseer dat ek klaar is. Maar ek sien uit daarna om dit weer te lees—hierdie keer wil ek dit sorgvuldig bestudeer en diep oor die inhoud nadink.”
Nog ’n persoon het geskryf: “Die inligting oor ons God se barmhartigheid en bereidwilligheid om te vergewe het my hart diep geraak en het my baie na aan ons hemelse Vader en Lewegewer laat voel.”
Ons is seker dat jy nader aan ons hemelse Vader, Jehovah, sal kom deur hierdie boek te lees. Dit is in vier dele verdeel, naamlik: “Sterk in krag”, “Het geregtigheid lief”, “Wys van hart” en “God is liefde”. Hierdie dele, wat die aandag op God se hoofeienskappe vestig, word deur drie inleidende hoofstukke voorafgegaan. Die hoofstuk ‘Kom nader aan God, en hy sal nader aan jou kom’ sluit hierdie boek met 31 hoofstukke af.
Jy kan hierdie sagtebandboek met 320 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Kom nader aan Jehovah by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.