Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 9/22 bl. 31
  • “Jaar van die Bybel”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Jaar van die Bybel”
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • God lig ons in omtrent sy voornemens
    Gee God werklik vir ons om?
  • Waarom die Bybel lees?
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
  • Help jouself en ander deur God se Woord te gebruik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Ware leringe wat God behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 9/22 bl. 31

“Jaar van die Bybel”

In Duitsland, Frankryk, Oostenryk en Switserland is die jaar 2003 tot die “Jaar van die Bybel” verklaar. Die Duitse dagblad Frankfurter Allgemeine Zeitung sê: “Soos met die eerste en laaste keer toe dit in 1992 gevier is, probeer [die kerke] mense meer bewus maak van hierdie ‘boek van die lewe’ en om die kulturele waarde van die Heilige Skrif te beklemtoon.”

Volgens die Bibelreport van Junie 2002 is die Bybel—ten minste ten dele—in 2 287 tale vertaal. Verder is daar na raming sowat vyfmiljard Bybels tot dusver versprei. Sulke ontsaglike pogings toon duidelik watter hoë agting mense vir hierdie boek het.

Vandag is die meeste mense dalk nie daarvan oortuig dat die Bybel prakties is nie. Trouens, baie voel dat die standaarde in die Bybel ouderwets is en nie meer in voeling met die werklikheid is nie. Maar met die Jaar van die Bybel hoop die kerke in Duitsland om twee dinge te bereik—mense aan te moedig om nougesetter volgens Bybelstandaarde te lewe en entoesiasme vir die Bybel te wek in diegene wat van die kerk vervreemd is.

Dit is allesbehalwe maklik om die Bybel deur te lees nie, maar dit is beslis ’n goeie manier om ’n geheelbeeld van die Skrif te kry. As iemand egter die meeste voordeel uit die Bybel wil trek, moet hy die woorde in 2 Timoteus 3:16, 17 ter harte neem: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel, om in regverdigheid te dissiplineer, sodat die mens van God volkome bevoeg kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie werk.”

Die Duitse digter Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) het gesê: “Ek is daarvan oortuig dat die prag van die Bybel selfs toeneem namate ’n mens dit beter verstaan.” Om die waarheid te sê, dit is slegs in God se Woord waar ons ’n betroubare verduideliking vind van waar ons vandaan kom, waarom ons hier is en wat die toekoms inhou!—Jesaja 46:9, 10.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

From the book Bildersaal deutscher Geschichte

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel