Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 6/22 bl. 31
  • “Jehovah is my vertroosting”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Jehovah is my vertroosting”
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe God se naam bekend gemaak is
    Ontwaak!—2007
  • God het ’n naam!
    Ontwaak!—2004
  • Die stryd teen God se naam
    Ontwaak!—2004
  • Die lewe in Bybeltye—Geld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 6/22 bl. 31

“Jehovah is my vertroosting”

DIE woorde hierbo is ’n vertaling van die amptelike koninklike leuse van koning Karel IX van Swede. In Latyns lui dit: “Iehovah solatium meum”. Hy was ’n koning in ’n lang lyn van Sweedse heersers tussen 1560 en 1697 wat God se naam in Hebreeuse of Latynse karakters op munte, medaljes of in persoonlike leuses gebruik het. Karel IX het ook die Koninklike Orde van Jehovah gestig. Die dag toe Karel in 1607 gekroon is, het hy ’n halssnoer gedra wat die Jehovah-ketting genoem is.

Waarom het hierdie konings dit gedoen? Geleerdes meen dat hulle beïnvloed is deur die Calvinistiese beweging gedurende daardie tyd in Europa asook respek vir die Bybel. As Renaissance-heersers wat ’n goeie opvoeding gehad het, was hulle klaarblyklik bekend met die Latynse weergawe van God se persoonlike naam, Jehovah. Party het ongetwyfeld besef dat die naam duisende kere in die oorspronklike Hebreeuse Bybelteks voorkom.

Baie bewyse staaf die feit dat die naam Jehovah gedurende die 16de en 17de eeu in verskillende dele van Europa dikwels op muntstukke en medaljes sowel as in openbare geboue en kerke voorgekom het. God se eie woorde wat in Eksodus 3:15 aangehaal word, is blykbaar algemeen aanvaar en gerespekteer: “Jehovah . . . is my naam tot onbepaalde tyd.”

[Prente op bladsy 31]

KETTING EN WAPEN VAN DIE KONINKLIKE ORDE VAN JEHOVAH, 1606, gemaak van goud, emalje, rotskristal en granaatsteen

KONING ERIK XIV 1560-68

KONING KAREL IX 1599-1611 (Erik XIV se broer)

KONING GUSTAAF II ADOLF 1611-32 (Karel IX se seun)

KONINGIN CHRISTINA 1644-54 (Gustaaf II Adolf se dogter)

[Erkennings]

Ketting: Livrustkammaren, Stockholm Sverige; munte: Kungl. Myntkabinettet, Sveriges Ekonomiska Museum

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel