Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 12/22 bl. 32
  • ‘Ek het ’n vergete Jesus herontdek’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Ek het ’n vergete Jesus herontdek’
  • Ontwaak!—2002
Ontwaak!—2002
g02 12/22 bl. 32

‘Ek het ’n vergete Jesus herontdek’

Nadat ’n vrou van Saint-Jérôme, Quebec, Kanada, die boek Die grootste mens wat nog geleef het gelees het, het sy geskryf: “Dit was met groot belangstelling dat ek ’n vergete Jesus herontdek het, wat dikwels op ’n onrealistiese manier deur kunstenaars uitgebeeld word.”

Die vrou het oor die kunswerk in die boek gesê: “Die prente in julle boek het my baie beïndruk. Die karakters lyk vir my realisties en lewensgetrou, soos dié wat gelewe het toe Jesus op aarde was en sy predikingswerk gedoen het.” Sy het afgesluit: “Veels geluk met wat julle in hierdie boek gedoen het. Dit is ’n kompas vir diegene wat meer wil leer oor die waarheid wat Jesus ander geleer het.”

Die Grootste mens-boek probeer om elke gebeurtenis in Jesus se aardse lewe te dek wat in die vier Evangelies gemeld word, insluitende die toesprake wat hy gehou het en sy illustrasies en wonderwerke. Alles word sover moontlik in die volgorde vertel waarin dit blykbaar gebeur het. Soos hierbo genoem is, bevat die boek pragtige, lewensgetroue prente wat bedoel is om die gevoelens van Jesus en sy tydgenote uit te beeld.

As jy graag hierdie boek met 448 bladsye wil ontvang, kan jy die bygaande koepon invul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.

□ Lewer asseblief die boek Die grootste mens wat nog geleef het by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel