‘Dit het waarskynlik my lewe gered!’
“EK HET nie gedink die simptome is ernstig nie”, het Claus verduidelik, wat ’n paar weke lank kortasemigheid ondervind het. Maar iets het gebeur wat hom anders daaroor laat voel het.
“Ek hou ouer nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! op my bedkassie”, het Claus vertel. “Een aand het ek toevallig die Ontwaak! van 22 Maart 2001 opgetel en dit oopgemaak by die artikel ‘Die wonders van die bloedsomloopstelsel’. Toe ek die artikel lees, het ek onmiddellik besef dat my simptome ooreenkom met die beskrywing van hartkramp.”
Claus het so gou as moontlik na die plaaslike kliniek vir ’n ondersoek gegaan, waar toetse getoon het dat sy kroonslagare vernou is. Hulle het onmiddellik met behandeling begin. Die dokter het vir Claus gesê dat hy baie gelukkig is, aangesien sy toestand waarskynlik tot ’n hartaanval sou lei wat noodlottig kon wees as hy nie behandeling ontvang het nie. Claus het aan die uitgewers van hierdie tydskrif geskryf: “Die Ontwaak! het waarskynlik my lewe gered!”
Die Ontwaak! leer ons nie net oor skeppingswonders soos die werking van die menseliggaam nie. Op bladsy 4 van hierdie tydskrif word die doel van die Ontwaak! verduidelik: “Bowenal bou hierdie tydskrif vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld.”
In ooreenstemming met hierdie doel, is die brosjure Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? uitgegee. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.