Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 10/22 bl. 31
  • Wanneer klein foute lei tot rampe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer klein foute lei tot rampe
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Concorde word deel van die lugvaartgeskiedenis
    Ontwaak!—2004
  • ’n Noodlanding!
    Ontwaak!—2004
  • Natuurrampe—Waarom so algemeen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wat sê die Bybel oor natuurrampe?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 10/22 bl. 31

Wanneer klein foute lei tot rampe

OP 6 Julie 1988 was werkers op die Piper Alpha-booreiland in die Noordsee besig om ’n gaskondensatorpomp te herstel, maar hulle het nie die werk klaargemaak nie. Weens ’n gebrek aan kommunikasie het die volgende skof se werkers die pomp aangesit. ’n Brand het uitgebreek. Omdat hulle hoog bo die see was en nie kon ontsnap nie, het 167 mense gesterf.

Twaalf jaar later, op 25 Julie 2000, was ’n supersoniese Concorde by die Charles de Gaulle-lughawe in Parys, Frankryk, besig om op te styg. Namate die vliegtuig momentum gekry het, het ’n klein stukkie titaan op die aanloopbaan ’n band laat bars, wat weer ’n gat geslaan het in ’n brandstoftenk in die vlerk. Brandstof het in die linkerkantste enjins gestroom, wat dit laat staak en ’n 60 meter lange tong van vuur gevorm het. Ná ongeveer twee minute het die vliegtuig teen ’n hotel gebots, wat almal aan boord sowel as ’n paar mense op die grond se lewe geëis het.

James Chiles het in sy boek Inviting Disaster—Lessons From the Edge of Technology oor sulke ongelukke kommentaar gelewer en gesê: “In ons nuwe wêreld, omring deur masjiene wat soms instrumente van vernietiging word, moet ons erken dat klein foute nou groot skade kan veroorsaak.” In ’n resensie van Chiles se boek sê die tydskrif Science: “Die ongelooflike, snelle vooruitgang van die wetenskap en tegnologie oor die laaste paar honderd jaar was duiselingwekkend. Dit vul ons met die gevoel dat ons vermoë om die fisiese wêreld te verstaan en te manipuleer, byna onbeperk is. [Maar] daar is geen rede om te dink dat ons nou minder feilbaar as vantevore is nie.”

Science sê oor die gevaarliker tegnologieë: “Selfs as die moontlikheid [van ’n fout] baie klein is, is dit onaanvaarbaar hoog. Vir daardie tegnologieë moet ons op foutloosheid aandring.” Maar is foutloosheid ’n bereikbare doelwit in die lig van die mens se geskiedenis? Nouliks! Daar sal dus ongetwyfeld nog rampe wees wat deur menslike foute veroorsaak word.

Maar dit sal nie onbepaald voortduur nie. Godvresende mense kan uitsien na ’n toekoms wanneer lewe nie op tragiese wyse kortgeknip sal word weens menslike foute of beperkings nie. Waarom nie? Want God sal, deur middel van sy hemelse Koninkryksregering, alle oorsake van die dood, droefheid en pyn uit die weg ruim.—Matteus 6:9, 10; Openbaring 21:3, 4.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

AP Photo/Toshihiko Sato

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel