Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 12/22 bl. 25
  • ’n Lied wat sy onthou het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Lied wat sy onthou het
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • My pogings om wyse keuses te maak
    Ontwaak!—2000
  • Jehovah tree lojaal op
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Sing met vreugde tot eer van Jehovah
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Jehovah, ons sterkte
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 12/22 bl. 25

’n Lied wat sy onthou het

“OP SKOOL het ek ’n gesang met die woorde ‘die groot Jehovah gekroon in sy heerlikheid’ gesing. Ek het dikwels gewonder: ‘Wie is hierdie Jehovah?’”

Daardie opmerking van Gwen Gooch, wat een van Jehovah se Getuies is en wie se lewensverhaal in Die Wagtoring verskyn het, het ten minste een leser geraak.a Vera, van Seattle, Washington, VSA, sê: “Ek het dieselfde ondervinding op hoërskool gehad.”

Ná Vera ’n sekere lied gehoor het, wou sy, net soos Gwen, baie graag uitvind wie Jehovah is. In 1949 is Vera se nuuskierigheid bevredig toe haar broer haar die eerste keer vertel het van Jehovah, die persoonlike naam van God in die Bybel.

Vera is nou al amper ’n halfeeu lank een van Jehovah se Getuies. Maar sy het nooit daardie gesang uit haar hoërskooldae vergeet nie. “Jare lank”, sê sy, “het ek probeer uitvind waar die gesang vandaan kom.” Sy het uiteindelik met behulp van ’n musiekwinkel uitgevind. Die lied kom uit ’n musiekstuk wat Franz Schubert in 1825 gekomponeer het. Die woorde wat saam met die musiek gaan, loof Jehovah inderdaad. Die lirieke sluit byvoorbeeld die volgende woorde in:

“Groot is Jehovah, die Here! want Hemel en Aarde getuig van sy wonderlike krag. . . . Jy hoor dit in die wilde, woeste storm, in die buldering van die stroom se dreunende stem . . . Jy hoor dit in die fluisterstem van boslande en woude, sien dit in die wuiwende goue koringhalms; in soet blomme se kleurryke prag, in sterre wat al die blou hemele vul . . . Vreesaanjaend weerklink Sy krag in die donder, en Sy weerlig skiet vlamme wild deur die lug. Maar jou kloppende hart getuig selfs meer van Jehovah se krag, . . . die ewige Here God. Vertrou op Hom wat verhewe is en hoop op guns en genade. . . . Groot is Jehovah, die Here!”

Vera sê: “Ek het die woorde van hierdie lied al gebruik om vir mense te wys dat daar in die 19de eeu mense was wat God se naam geken en hom ook geloof het.” Manne en vroue van geloof is in werklikheid al van die vroegste tye af beweeg om Jehovah met liedere te loof. Dit is ’n gebruik wat vir ewig sal voortduur, want daar is geen einde aan die redes om die Skepper van die hemel en die aarde te loof nie.

[Voetnoot]

a Sien Die Wagtoring van 1 Maart 1998.

[Prent op bladsy 25]

Vera

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel