Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 9/8 bl. 24-25
  • Die grootste en die kleinste

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die grootste en die kleinste
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Dag in die lewe van ’n skoenlapper
    Ontwaak!—1993
  • ’n Oes met vlerke
    Ontwaak!—2002
  • Die oppervlak van die skoenlapper se vlerk
    Ontwaak!—2012
  • Hoe om ’n vlinder af te neem
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 9/8 bl. 24-25

Die grootste en die kleinste

“Moenie die mot óf die vlinder doodmaak nie.”—WILLIAM BLAKE (1757-1827).

HET jy al ooit gekyk hoe ’n vlinder verby fladder? Wie buiten die ongevoeligste mens sal nie in sy spore vassteek om hierdie sierlike insek se skoonheid en broosheid te bewonder nie? En hulle kom regoor die wêreld in so ’n verskeidenheid groottes en vorms voor dat daar blykbaar enigiets tussen 15 000 en 20 000 soorte is!

Wat is die grootste vlinder wat jy al ooit gesien het? As jy in Papoea-Nieu-Guinee woon, het jy dalk al die grootste ter wêreld gesien—die koningin Alexandra se voëlvlerkvlinder, met ’n vlerkspan van ongeveer 28 sentimeter. As jy in Noord- of Sentraal-Amerika woon, was jy dalk al so bevoorreg om ’n Homerus-swaelstert, met ’n vlerkspan van tot 15 sentimeter, te sien. Die grootste vlinder in Afrika is die reuseswaelstert, wat ’n vlerkspan van tot 23 sentimeter het.

Wat van die kleinste vlinders? Waar kom hulle voor? The Illustrated Encyclopedia of Butterflies, deur dr. John Feltwell, sê dat “die dwergbloutjie van Noord-Amerika . . . waarskynlik die kleinste vlinder ter wêreld is, met ’n vlerkspan van 1⁄2 – 3⁄4dm. (15-19mm)”. Die kleinste vlinder in Brittanje is die kleinbloutjie, met ’n vlerkspan van 24 millimeter.

In baie dele van die wêreld is daar vlinderhuise waar jy kan rondloop en hierdie pragtige gevleuelde insekkies op jou kan laat sit. Jy kan soveel leer omtrent hierdie fassinerende insekkie en sy lewensiklus—sy metamorfose van ’n piepklein eiertjie tot ’n ruspe tot ’n papie tot ’n volwasse vlinder. Wanneer jy dus weer ’n vlinder sien verby fladder, kan jy gerus stilstaan en dit bewonder. Jy sal na ’n wonderwerk kyk—hetsy groot of klein!

[Prente op bladsy 24, 25]

Die grootste en die kleinste vlinders, die koningin Alexandra se voëlvlerkvlinder en die dwergbloutjie (albei werklike grootte)

[Erkenning]

Vlinders: Allyn Museum of Entomology, Florida Museum of Natural History

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel