Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 7/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Hulle is vasbeslote om nie moed op te gee nie
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 7/8 bl. 30

Van ons lesers

Jong kankerslagoffer Ek is 18 jaar oud, en ek wil julle bedank vir die ondervinding van Matt Tapio, in die artikel “Hy het nie moed opgegee nie” (22 Oktober 1998). Sy geloof, sy waardering vir geestelike dinge en sy gevoel van dringendheid het my werklik diep ontroer. Ek hoop dat ek self vir Matt sal kan dankie sê ná sy opstanding in die Paradys.

E. G. G., Spanje

Ek wil julle namens ons gesin vir die artikel bedank. Aangesien ons tienerseuns het, het ons dit baie nuttig gevind om Matt Tapio se voorbeeld van geloof met hulle te bespreek. Dit het ons ’n geleentheid gegee om ons prioriteite as individue en as ’n gesin te ontleed.

M. F. N. G., Brasilië

Die artikel was ’n groot aanmoediging vir ons jongmense omdat dit die ywer beklemtoon het van ’n jong man wat, ten spyte van sy siekte, nooit opgehou het om van Jehovah te praat nie.

D. M., Italië

Selfs al het Matt Tapio ’n dodelike siekte gehad, het hy geveg om aan die lewe te bly sodat hy Jehovah kon loof en dien. Dit is ’n goeie voorbeeld vir dié van ons wat goeie gesondheid geniet.

D. P., Puerto Rico

Die artikel oor Matt, wat op 14-jarige ouderdom ’n operasie vir ’n gewas op sy brein moes ondergaan, het my aandag getrek. Van sy laaste woorde was: “Moet nooit ophou om van Jehovah te getuig nie.” Dit het my aangemoedig om nie moed op te gee nie en het my help besef hoe belangrik dit is om die Bybel te bestudeer en die kennis in te neem wat tot die lewe lei!

D. V., Filippyne

Vigs Ek wil julle uit my hart bedank vir die reeks “Die stryd teen vigs—Sal ons dit wen?” (8 November 1998). Dit was baie leersaam. Ek is 19 jaar oud en is op skool en by die huis baie dinge oor vigs en HIV geleer, maar ek was nog steeds verward. Hierdie artikel het my help besef hoe noodsaaklik dit is dat ek goed moet nadink oor my keuse van ’n huweliksmaat en dat ek ’n sedelike skoon lewe moet lei.

S. T., Verenigde State

Julle artikels was leersaam, akkuraat en waar. Ek ly al meer as tien jaar lank aan vigs. ’n Vriendin leer my tans van die Bybel met behulp van julle publikasies. Dankie dat julle nie bang is om sulke artikels te publiseer nie.

B. W., Verenigde State

Ek kon die Ontwaak! net nie neersit voordat ek die artikels oor vigs klaar gelees het nie. Ek het nog nooit sulke akkurate inligting oor hierdie onderwerp gelees nie. En dit sê baie, want ek is ’n verpleegster. Baie dankie.

D. E., Duitsland

Ek het hierdie artikels waardeer omdat my seun die Christelike weg verlaat het en as ’n vigslyer teruggekeer het. Met Jehovah se hulp het hy nou weer in geestelike sin ’n goeie reputasie. Sy gesondheid is danksy mediese behandeling gestabiliseer. Ons weet dat daar baie is wat besmet is en dit nog nie weet nie. Enigeen wat daaraan dink om te trou, behoort baie besorg hieroor te wees.

N. J., Verenigde State

Brûe Kort nadat orkaan Mitch tot 80 persent van die brûe hier in Honduras vernietig het, het ons die nommer van 8 November 1998 ontvang met die artikel “Brûe—Hoe sou ons sonder hulle klaarkom?” Ek en my man reis gedurig, en ons het gou uitgevind hoe belangrik brûe in ons werk is. Ons wil julle bedank vir die interessante en tydige artikel. Soos die slotparagraaf sê, sal ons brûe nie meer as vanselfsprekend aanneem nie!

C. H., Honduras

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel