Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 5/22 bl. 32
  • Kom, hoor ’n boodskap van ware hoop

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kom, hoor ’n boodskap van ware hoop
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Kom luister na die openbare toespraak “Geloof en jou toekoms”
    Ontwaak!—1997
  • “Wie leer alle nasies die waarheid?”
    Ontwaak!—2001
  • “Waarom ons op God se wonderlike werke moet ag gee”
    Ontwaak!—2000
  • “Wandel met God en geniet seëninge—Nou en vir ewig”
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 5/22 bl. 32

Kom, hoor ’n boodskap van ware hoop

JY SAL so ’n boodskap hoor in die openbare toespraak “Alles sal nuut gemaak word—Soos voorspel is” by die “God se profetiese woord”-streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies wat hierdie jaar gehou gaan word. Baie mense hoop dat die jaar 2000 ’n tyd van seëninge vir die mensdom sal inlui.

“Die millennium beteken dat ons ons hande kan afwas van ’n werklik verskriklike eeu”, het een universiteitsprofessor gesê. En hoewel “die jaar 2000 dalk net nog ’n jaar op die kalender kan wees”, het die tydskrif Maclean’s gesê, “kan dit met ’n waarlik nuwe begin saamval”. Ondervinding leer egter dat dit onwaarskynlik is.

Mensepogings om ’n “nuwe begin” te bring, het nog altyd misluk. Waarom kan ons dan ’n belofte van God glo wat meer as 1 900 jaar gelede gemaak is: “Kyk! Ek maak alles nuut”? (Openbaring 21:5). Afdoende bewyse sal in hierdie hartverblydende openbare toespraak gegee word. Jy kan by ’n byeenkoms in jou omgewing daarna gaan luister, aangesien dit by honderde byeenkomste regoor die wêreld gehou sal word.

Vra Jehovah se Getuies in jou omgewing of skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif om uit te vind waar die byeenkoms naaste aan jou gehou gaan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel